Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
RMB Holdings koop belang in Atterbury
Rand Merchant Bank Holdings (RMH) belê vir die eerste keer in ’n eiendomsmaatskappy met sy plan om ’n 25,01%-belang in die eiendomsmaatskappy Atterbury te koop. Foto: Atterbury

Rand Merchant Bank Holdings (RMH) gaan ’n 25,01%-belang in die eiendomsmaatskappy Atterbury koop, het die partye Dinsdag in ’n verklaring bekend gemaak. Die transaksie is onderhewig aan goedkeuring deur die mededingingskommissie.

Atterbury besit onder meer ’n 20%-belang in Waterfall City en die nuwe Mall of Africa in Midrand.

Attacq besit die ander 80%-belang in die ontwikkeling.

Dit is die eerste keer dat RMH sy beleggingsportefeulje uitbrei nadat hy tot dusver slegs in FirstRand belê het.

Atterbury gaan, volgens die verklaring, RMH se primêre ontwikkelingsvennoot word en spesifiek op groter eiendomsontwikkeling in Suid-Afrika fokus.

Die groep beplan om eiendomsbeleggings in fases aan te pak.

“Ons nuwe eiendomsbeleggingstrategie bied ons die geleentheid om meer waarde aan ons beleggers te bied, sowel as om ons risiko te versprei. Ons strategie gaan onder meer behels om in fisieke eiendom, sowel as eiendomsmaatskappye, te belê,” sê Herman Bosman, uitvoerende hoof van RMH.

Hoewel Atterbury self nie genoteer is nie, was hy betrokke by die skep van Attfund wat in 2011 deel van Hyprop geword het. Hy het ook Attacq in 2005 geskep en het ’n groot aandeel gehad in dié se notering in 2013.

RMH beoog om sy belegging in Atterbury deur middel van voorkeuraandelebefondsing te finansier.

RMH se aandele het om 12:00 teen R55,88 verhandel wat 3,8% laer is vir die dag.

Meer oor:  Attacq  |  Atterbury  |  Rmb Holdings  |  Beleggings  |  Eiendomme  |  Mall Of Africa
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.