Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
RMH gaan voort met ontknoping van FirstRand

RMB Beherend Beperk (RMH) gaan sy belang in die FirstRand-groep ontbondel.

Dit volg nadat RMH se aandeelhouers Maandag 100% ten gunste van dié voorstel gestem het.

FNB, Wesbank en Rand Merchant  form deel van die FirstRand-groep.

RMH het reeds in November aangekondig dat hy sy belang van R130 miljard aan aandeelhouers gaan ontbondel.

Dit is nié net RMH wat sy belang gaan ontbondel nie.

Sy grootste aandeelhouer, Remgro, waarvan Johann Rupert die voorsitter is, het in November aandeelhouers verwittig hy wil ook op sy beurt die aandele in FirstRand Beperk aan sy aandeelhouers versprei.

Nadat die aandeelhouding in FirstRand aan sy aandeelhouers versprei is, gaan sy eiendomsbates op ordelike wyse verkoop word. Sy eiendomsbeleggings is R3,3 miljard werd.

RMH sal nadat die eiendomme verkoop is en die groep se skuld afbetaal is, gedenoteer word. Die groep het in 1993 genoteer.

Fin24 berig dat Karl Gevers, hoof van navorsing by Benguela Global Fund Managers, sê hy het verwag dat aandeelhouers die voorstel sou ondersteun om te ontbondel.

Meer oor:  Fnb  |  Rand Merchant Bank
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.