Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Robot ontsmet Netcare N1 Stad-hospitaal se teaters

Netcare span tans ’n robot in wat ultravioletlig uitstraal om die teaters in sy hospitaal in N1 Stad in Kaapstad te ontsmet.

N1 Stad
Die Netcare in N1 Stad in Kaapstad word tans ontsmet. Foto:

Daar was Vrydag gerugte dat die hospitaal weens “talle gevalle van Covid-19” onder die mediese personeel sy deure moes sluit.

Die groep het egter by navraag gesê die betrokke hospitaal is nie gesluit of ontruim soos beweer word nie, maar dit word tans diep skoongemaak. Geen operasies, waaronder keisersneë, word tans uitgevoer nie.

Dr. Anton van Wyk, hoofbestuurder van Netcare N1 Stad, sê die hospitaal kan nie sonder die toestemming van die departement van gesondheid inligting oor gevalle van Covid-19 bekend maak nie.

Hy sê wel die hospitaal se teaters is gesluit om deeglik ontsmet te word. En hiervoor word die robot ingespan.

“Hierdie tipe robotte is uiters doeltreffend om virusse, bakterieë sowel as spore van fungi te vernietig,” verduidelik Van Wyk.

Die hospitaal se noodeenheid is wel in bedryf, maar gevalle sal sover moontlik na ander hospitale verwys word.

“Die noodeenheid bly oop vir pasiënte wat opdaag en sal Saterdag weer heeltemal in bedryf wees.”

Netcare verwag dat van sy teaters teen vroeg aanstaande week weer in bedryf sal wees.

Tot dan kan geen operasies uitgevoer word buiten dié wat deur die noodeenheid se span hanteer word nie.

Meer oor:  Netcare  |  Teater  |  Covid-19  |  Operasies  |  Hospitaal  |  Robot
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.