Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Rothschild gee Tongaat gelyk in twis met Barloworld
Die sukkelende suikergroep Tongaat Hulett mag voortgaan om sy styselafdeling aan Barloworld te verkoop. Foto: Argief

Die sukkelende suikergroep Tongaat Hulett mag voortgaan om sy styselafdeling aan Barloworld te verkoop, en Barloworld mag nie agter die verskoning skuil dat ’n wesenlike ongunstige verandering plaasgevind het wat hom ’n uitkomkans uit die transaksie bied nie.

Dít was min of meer die beslissing van die onafhanklike adviseur Rothschild & Co oor die transaksie waarin Tongaat die styselonderneming vir R5,35 miljard aan Barloworld wil verkoop.

Gavin Hudson, uitvoerende hoof van Tongaat, het die besluit verwelkom. Hy hoop om die verkoopproses nou teen einde Oktober afgehandel te hê.

Die aanvanklike ooreenkoms met Barloworld is in Februarie beklink, maar met die aanbreek van die staat van inperking het Barloworld kleinkoppie getrek en gemeen die verwagte winssyfers van die onderneming wat hy wou koop, gaan nie meer dieselfde lyk nie. Barloworld het hom daarop beroep dat ’n wesenlike ongunstige verandering plaasgevind het. Hy het bereken Tongaat Hulett Starch se wins vir die boekjaar tot einde Maart 2021 sal weens die inperking met meer as 80% val vergeleke met ’n jaar gelede.

Tongaat het van dié mening verskil en Rothschild & Co is ingeroep om as derdeparty oor die geskil te besluit.

Volgens Hudson is Tongaat Hulett Starch ’n uitstekende onderneming en is Barloworld gelukkig om so ’n waardevolle bate te koop.

Tongaat is diep in die skuld, onder meer weens die boekhouskandaal wat verlede jaar ontdek is. Hy verkoop dus van sy bates, onder meer ook van sy suikerbedrywighede in Swaziland, om die skuld te delg.

Volgens Hudson sal hulle saam met Barloworld werk om die transaksie om die styselafdeling te verkoop, so gou moontlik af te handel.

Tongaat Hulett Starch vervaardig glukose in poeiervorm asook stroop en mieliestysel vir verskeie sektore in die kos- en drankbedryf, soos bakkerye, suiwelprodukte, bierbrouery, medisyne, skoonheidsmiddels, asook in die papier- en tekstielbedryf.

Barloworld erken nou self in ’n Sens-verklaring die stysel-onderneming was ondanks die inperking veerkragtig, en dat dit ’n kontantgenererende onderneming is met ’n leidende markposisie en sterk kliëntebasis.

Meer oor:  Tongaat Hulett Starch  |  Tongaat Hulett  |  Rothschild  |  Barloworld  |  Suiker  |  Maatskappye  |  Suikergroep
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.