Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Rugby-borgskap gee Spur ’n hupstoot
Rocomamas
'n Rocomamas burger. Foto: Verskaf

Spur se borgskap van die uitsendings van die 2019 Wêreldbeker-rugbytoernooi was baie suksesvol en dié restaurantgroep het die afgelope ses maande markaandeel gewen, sê die maatskappy in sy resultateverklaring.

Daarby blyk die groep se nuwe dekor en spyskaart – met veganistiese burgers – gewild te wees onder mense wat dié braairestaurante besoek.

In die geheel gesien, is Suid-Afrikaners egter maar langtand om uit te eet. Die hele Spur Corporation se verkope het met net 4,5% tot R4,1 miljard gestyg in die ses maande tot einde Desember.

Net in Suid-Afrika was verkope 4,7% hoër, wat volgens die groep die druk op middelklas-verbruikers en die ontwrigting van beurtkrag wys. Spur sê in reaksie op die volgehoue kragonderbrekings – Eskom sê dit kan nog 18 maande duur, kenners reken selfs vyf jaar – het die meeste franchise-houers kragopwekkers aangeskaf. Nagenoeg 80% van restaurante kan nou oopbly tydens beurtkrag.

Só het die verskillende restaurante in die groep gevaar:

Spur Steak Ranches

Verkope het met 4,5% gestyg, en met 2,5% in bestaande restaurante.

Pizza en pasta

Verkope by dié afdeling, wat uit Panarottis en Casa Bella betaan, het met net 1,5% gegroei.

Die groep herhaal dat afslag by mededingers wat wegneempizza verkoop, hom knou. Verkope word ook steeds geraak deur die besluit om die “soveel-as-wat-jy-kan-eet”-aanbiedings te staak om franchises se wins te help herstel.

John Dory’s

Verkope het met 6,6% gestyg danksy twee groot restaurante wat in die 2018-halfjaar toe was weens die herontwikkeling van die winkelsentrums waarin hulle geleë is.

RocoMamas

Verkope het met 6,4% gestyg danksy die opening van vyf nuwe takke. Die groep het die afgelope paar jaar baie vinnig tot 77 restaurante in Suid-Afrika en 13 in die buiteland gegroei. Spur Corporation sê nuwe openings gaan nou begin verlangsaam “soos RocoMamas sy posisie in die toenemend mededingende en snelgroeiende mark vir gourmet-burgers konsolideer.”

The Hussar Grill

Verkope het met 9,2% gegroei.

Spur sê die hoërinkomste-verbruikers wat hul biefstuk by The Hussar Grill kom geniet, bly veerkragtiger, maar verkope is ook aangehelp deur die nuwe restaurante wat geopen is.

Internasionale restaurante

Verkope het met 4,1% in konstante wisselkoers gestyg en in 2,7% in randwaarde. Dis afgerem deur die 20,3%-daling in verkope in Australië en Nieu-Seeland nadat twee restaurante gesluit is.

Vooruitsigte

Die groep sê gegewe trae ekonomiese groei, lae verbruikersvertroue en druk op verbruikers se besteding, sal hulle aanhou fokus op gehalte, waarde en mededingende pryse, en probeer hy lojaliteit teenoor al sy handelsname uitbou.

In syfers

  • Inkomste styg met 8,4% tot R525 miljoen
  • Voorbelaste wins styg met 19,5% tot R161,8 miljoen
  • Wesensverdienste styg met 29% tot R113,5 miljoen
  • Verwaterde wesensverdienste per aandeel styg met 35,6% tot 124,9c
  • Tussentydse dividend styg met 23,8% tot 78c
Meer oor:  Spur  |  Rocomamas  |  Hamburger
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.