Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Ruim aandeelopsies aan GPI-direkteure

Grand Parade Investments (GPI), die bemagtigingsgroep wat die plaaslike bedryfsreg vir die internasionale kitskosreus Burger King besit en ook ’n bemagtigingsaandeelhouer in Spur Corporation is, het pas stewige aandeelopsies aan drie van sy direkteure toegeken.

Burger King se Whopper-burger.

Dit kom ondanks kritiek deur van sy minderheidsaandeelhouers die afgelope jaar oor wat hulle swak beleggingsbesluite en ’n sukkelende bedryf noem.

Dr. Hassen Adams, uitvoerende voorsitter van GPI, het aandeelopsies van R6 miljoen gekry teen ’n prys van R1,86. Die opsies realiseer in vier gelyke paaiemente per jaar van 27 Augustus af volgende jaar.

Teen Woensdag se aandeelprys van R3,10 vir GPI gee dit Adams ’n wins van meer as R4 miljoen as die opsies onmiddellik opgeneem en die aandele verkoop sou word.

Die ander twee direkteure wat ook aandeelopsies ontvang het is Colin Priem, die finansiële hoof, en Mohsin Tajbhai, bedryfshoof. Priem gaan net meer as 1,47 miljoen opsies teen R2,04 kry vanaf Julie volgende jaar in vier jaarlikse gelyke paaiemente. Sy wins teen die huidige aandeelprys sou net meer as R1,5 miljoen wees.

Tajbhai kry net meer as 1,5 miljoen se opsies teen R2,26 vir ’n totaal van R3,4 miljoen, wat hom ’n wins van sowat R1,26 miljoen gee as dit onmiddellik teen die huidige aandeelprys verkoop sou word.

Die uitdeel van aandeelopsies kom nadat Adams vroeër die maand egter R60 miljoen van sy GPI-aandele verkoop het.

GPI se verdienste per aandeel in die halfjaar tot einde Desember verlede jaar het skerp geval weens die verliese wat hy gely het met die nuwe geriefskos-winkels Dunkin Donuts en Baskin-Robbins wat hy in Suid-Afrika probeer vestig het. GPI het intussen besluit om Dunkin’ Donuts en Baskin-Robbins te likwideer, en al dié winkels het einde Februarie gesluit.

GPI het vroeër gesê hy wil nou eerder op Burger King fokus. In Desember het die maatskappy ’n aanslag van minderheidsaandeelhouers oorleef om al sy direkteure uit te skop en met nuwe bloed te vervang. Twee nuwe direkteure is wel aangestel. Die maatskappy het egter ook bestuurswisselvalligheid beleef toe Prabashinee Moodley skielik as uitvoerende hoof bedank het in Desember.

Meer oor:  Burger King  |  Grand Parade Investments  |  Gpi  |  Hassen Adams  |  Kitskos  |  Maatskappy
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.