Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Rupert-geld: Aansoeke ná 3 dae gesluit
Johan RupertFoto: Argief

Vier dae en 10 000 aansoeke later, en die R1 miljard het base gekry.

Ben Bierman, besturende direkteur van Business Partners wat die Sukuma-fonds bestuur, sê aansoeke om finansiële hulp het die huidige beskikbare kapitaal van dié fonds, van R1 miljard, oorskry.

Die geld is deur die sakeman Johann Rupert se familie geskenk om kleinsakeondernemings tydens die koronaviruspandemie te help oorleef.

Kleinsakeondernemings kon sedert Vrydag 3 April aansoek doen.

LEES OOK: Rupert-geld: Rente eers ná jaar gehef op lenings

Teen Maandagaand het Business Partners besluit om die aansoeke te sluit.

Bierman sê in die verklaring dat die waarde van die aansoeke wat deur eenmansake en ondernemings soos beslote korporasies, maatskappye en trusts ontvang is, oorskry reeds R2,8 miljard.

“Ons sal die volgende sewe dae gebruik om die aansoeke te beoordeel en terugvoering aan die aansoekers te gee. As ons daarna bevind dat nog kapitaal beskikbaar is, hetsy omdat sommige van die aansoekers nie geverifieer en goedgekeur is nie, of omdat ons daarin geslaag het om addisionele kapitaal te bekom, sal ons weer die program vir aansoeke open,” sê Bierman in die verklaring.

Hy sê die groot aantal aansoeke wys net hoe beroerd die situasie tans vir kleinsakeondernemings is.

Hy het ’n beroep op groter maatskappye gedoen om bydraes tot die Sukuma-fonds te maak sodat meer kleinsakeondernemings gehelp kan word.

Oppenheimer-geld

Fin24 berig dat teen Maandag was daar ook reeds meer as 10 000 aansoeke wat by die Suid-Afrikaanse Toekomstrust ingedien is.

Dié trust is geskep om die R1 miljard te bestuur wat Nicky en Jonathan Oppenheimer geskenk het.

Dié trust werk saam met Absa, FNB via sy beheermaatskappy FirstRand, Nedbank en Standard Bank.

Kliënte van dié banke kan aansoek doen om rentevrye lenings wat deur dié trust gefinansier word.

Meer oor:  Business Partners  |  Nicky Oppenheimer  |  Covid-19  |  Kleinsake
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.