Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Rupert oor Remgro: ‘Ons toets nie die grense’
Johann Rupert, Remgro se voorsitter.

Nie hy of sy familielede of die lede van sy direksie het maatskappye wat sake doen met Remgro nie, of “gek belastingskemas” wat die grense tussen reg en verkeerd toets nie, het Johann Rupert, voorsitter van die beleggingsmaatskappy Remgro, Donderdag op die maatskappy se jaarvergadering gesê.

Remgro se kantore op Stellenbosch is reg langs Steinhoff s’n.

As aandeelhouers op Remgro se jaarvergadering Donderdag gehoop het hy gaan iets sê oor dié omstrede maatskappy wat soveel skade aan die beeld van sakelui van Stellenbosch gedoen het, sou hulle teleurgesteld wees.

Die naaste wat hy daaraan gekom het, was toe hy oor etiek gepraat het nadat hy deur ’n batebestuurder uitgevra is oor die stelling in die jaarverslag dat Remgro al sedert 1948 vir sy aandeelhouers waarde skep.

Jy sal ons nie by mal belastingskemas vind nie. Jy sal ons nie sien dat ons die grense van reg en verkeerd toets nie.
Johann Rupert

Rupert het gesê Remgro wil vir sy aandeelhouers soveel geld as moontlik maak – maar steeds eties optree. “En die kultuur van ’n maatskappy word aan die bokant bepaal: Jy tree eties op, of nie.”

“Jy sal ons nie by mal belastingskemas vind nie. Jy sal ons nie sien dat ons die grense van reg en verkeerd toets nie.”

Hy het gesê sy gesin en sy wyer familie, asook die direkteure van Remgro, doen nie sake met die maatskappy nie en het ook nie maatskappye op die kantlyn wat met die maatskappy sake doen nie.

“Ek het absoluut niks om weg te steek nie.”

Volgens hom het oudpres. Jacob Zuma vyf agentskappe ingespan om te probeer om sy skandes uit te krap, en het hy selfs private speurders oorsee gehuur, maar hulle kon niks vind nie.

Rupert het twee jaar gelede op Remgro se jaarvergadering gesê hy word deur die Guptas se destydse beeldpoetser, Bell Pottinger, geteiken om die aandag van hulself af te lei. Lees hier: Rupert: Ek is teiken om Gupta-aandag af te lei.

Hy het Donderdag verwys na wat hy ’n paar jaar gelede op ’n jaarvergadering gesê het dat die ouditeure en die nie-uitvoerende direkteure van ’n maatskappy net soveel weet as wat die uitvoerende direkteure wil hê hulle moet weet. “Ek sê aan mense as jy wil belê in ’n maatskappy, leer die karakter ken van die mense wat die maatskappy bestuur. “Soveel dinge kan vir lank – maar nie vir altyd nie – maar vir lank genoeg verberg word dat mense skade kan ly.”

Rupert het gesê hy beskou ouditfirmas as sy vennote omdat hyself so ’n groot belang in die maatskappy het.

Meer oor:  Remgro  |  Zuma  |  Johann Rupert  |  Guptas  |  Beleggings  |  Ouditeure
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.