Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
SA Airlink kry nuwe naam

Die private streeklugdiens Airlink het sy naam nou amptelik van SA Airlink na net Airlink verander. Dit is deel van sy veldtog om homself as ’n heeltemal onafhanklike lugdiens te onderskei.

Die streeklugdiens Airlink het sy naam nou amptelik verander van SA Airlink na net Airlink. Foto: Facebook/Airlink

“Dit is ’n subtiele maar betekenisvolle naamsverandering as ’n belangrike element van ons herposisionering-, herstel- en groeistrategie,” sê Rodger Foster, uitvoerende hoof.

Airlink het vir 23 jaar ’n franchise-ooreenkoms met die Suid-Afrikaanse Lugdiens (SAL) gehad, maar dié ooreenkoms is vroeër vanjaar beëindig en Airlink se vlugte kan nou met sy eie unieke vlugkode - 4Z - bespreek word. Airlink verkoop sy vliegkaartjies nou afsonderlik op www.flyairlink.com en nie meer ook op die SAL se webblad nie.

Die einde van die ooreenkoms stel Airlink vry om bande met ander internasionale lugdienste te smee wat passasiers en vrag na en van verskillende bestemmings in Suider-Afrika vervoer. Onlangse ooreenkomste wat reeds beklink is, is met Qatar Airways, Emirates, British Airways, KLM, Air France en United Airlines.

Airlink het ook sy eie binnelandse en streekroetes begin – soos vlugte van Johannesburg na Kaapstad, Durban, Windhoek en Maputo.

Volgens Foster het die lugdiens die Covid-19-pandemie en die gepaardgaande inperkings benut om hom te herskik vir die veranderende lugdiensmark. Hy is vol vertroue dat die lugdiens finansieel gesond en veerkragtig is. Airlink sal ook binnekort ’n nuwe handelsnaamontwerp en embleem kry.

Airlink het meer as 50 vliegtuie en het in 2019 twee miljoen passasiers op meer as 63 000 vlugte op 55 roetes na 39 bestemmings in nege Afrikalande, asook die eiland St. Helena vervoer.

Meer oor:  Airlink  |  Sa Airlink  |  Lugdienste  |  Maatskappye
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.