Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
SA Airlink vlieg van 6 Julie na kleiner lughawens
SA Airlink vlieg weer van 6 Julie af na kleiner lughawens. Foto: Argief

Moet jy gaan sake doen op Upington of Pietermaritzburg?

Of dalk in Nelspruit of Bloemfontein?

Indien wel, sal jy van 6 Julie af saam met SA Airlink na dié stede kan vlieg.

Die lugdiens het Maandagaand in ’n verklaring gesê dat hy teen dié datum reg sal wees om sy plaaslike dienste uit te brei. Dit volg nadat Fikile Mbalula, minister van vervoer, Maandag aangekondig het dat sewe van Suid-Afrika se kleiner lughawens van 1 Julie af weer oopmaak.

Hulle is:

  • Bram Fischer in Bloemfontein;
  • Kruger Mpumalanga naby Nelspruit;
  • Pietermaritzburg;
  • Port Elizabeth;
  • Richardsbaai;
  • Skukuza; en
  • Upington.

Die roetes wat SA Airlink sal vlieg is:

  • Johannesburg na Bloemfontein, Nelspruit, Upington en Pietermaritzburg; en
  • Kaapstad na Bloemfontein en Port Elizabeth.

SA Airlink sê hy glo dat soos wat méér lughawens oopgemaak word, hy binnekort ook na Kimberley, Mthatha, Polokwane en Richardsbaai sal kan vlieg vanaf Johannesburg en na George vanaf Kaapstad.

Die lughawe in Richardsbaai is wel een van die sewe wat reeds van 1 Julie sy deure mag oopmaak.

SA Airlink herinner alle passasiers daaraan dat nét sakereise onderneem mag word en dat daar aan alle gesondheidsvereistes voldoen moet word, soos wat voorheen reeds in plek was.

Mbalula het Suid-Afrikaners daaraan herinner dat hulle minstens twee uur voordat hul vlug vertrek reeds by die lughawe moet wees om te verseker hulle beweeg betyds deur al die kontrolepunte.

Meer oor:  Sa Airlink  |  Fikile Mbabula  |  Lugvervoer  |  Lughawens
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.