Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Bierdrinkers hou al hoe meer van Budweiser
NEW YORK - JUNE 13: A bottle of Budweiser is disp
Suid-Afrikaanse bierliefhebbers drink graag Budweiser. Foto: Getty Images

Al hoe meer Suid-Afrikaners slaan oor na Budweiser en Corona, sê die bierreus Anheuser-Busch InBev (AB InBev).

Die groep sê hy het die afgelope jaar ses persentasiepunte se markaandeel gewen in die kategorie vir sogenaamde premium biere, oftewel duurder biere. Die groep het Dinsdag syfers vir die eerste kwartaal van 2019 uitgereik.

Budweiser en Corona se verkope styg in dubbelsyfers en AB InBev sien nog heelwat groeipotensiaal aangesien sy markpenetrasie nog ondergemiddeld is.

Maar dis omtrent ál goeie nuus wat die bierreus oor Suid-Afrikaanse bierverkope het. AB InBev, wat SABMiller in 2016 gekoop het, sê die eerste kwartaal van 2019 was “uitdagend” gegewe die voortslepende druk op verbruikers.

Altesame is minder AB InBev-bier in die kwartaal verkoop as in die vierde kwartaal van 2018. Dit sluit ook plaaslike biere soos Castle en Hansa Pilsner in.

Die groep se totale inkomste uit Suid-Afrika het gedaal, asook sy inkomste per hektoliter.

Die feit dat Paasfees – tradisioneel ’n naweek waarin heelwat bier gedrink word – vanjaar eers einde April was, het sy syfers ook geraak. Dit beteken Paasnaweek-bierverkope sal in die tweede kwartaal val.

AB InBev skryf van die swak syfers toe aan hoër verspreidingskoste. Gegewe dat brandstofpryse ook in die tweede kwartaal skerp gestyg het, gaan dit ’n probleem vir die bierreus bly.

Die groep het ook meer aan bemarking van Budweiser en Corona bestee.

AB InBev maak nie spesifieke syfers oor Suid-Afrika bekend nie. Die syfers word ingesluit in die syfers vir Europa, die Midde-Ooste en die hele Afrika. Dié streek se bierverkope het per volume met 2,4% gestyg vergeleke met die vierde kwartaal van 2018.

AB InBev as geheel het wêreldwyd 1,3% meer bier verkoop en sy inkomste het van kwartaal tot kwartaal met 5,9% gestyg danksy ’n styging van 4,6% in inkomste per hektoliter.

Sy totale volumes is egter 1% laer as in die eerste kwartaal van 2018. Die groep verkoop 133,5 miljoen hektoliter bier en koeldrank wêreldwyd.

Sy totale inkomste het ook op ’n jaargrondslag gedaal – met 3,8% tot $12,6 miljard – maar sy genormaliseerde wins het met meer as 74% tot $2,5 miljard gestyg.

Die integrasie met SAB het in die kwartaal $100 miljoen se kostebesparing meegebring. Dit bring die totale besparings sedert 2016 op $3 miljard te staan. Dis baie na aan die $3,2 miljard wat AB InBev as doelwit gestel het vir die eerste drie jaar ná die samesmelting, wat in die derde kwartaal vanjaar gevier sal word.

Meer oor:  Ab Inbev  |  Corona  |  Anheuser-Busch Inbev  |  Drank  |  Resultate  |  Alkohol  |  Bier  |  Maatskappye
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.