Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
SA drankreuse vlieg mekaar die hare in
Anheuser-Busch InBev se hoofkantoor in Leuven, België. Foto: Jasper Juinen, Bloomberg

Drie jaar ná die verkryging van SABMiller deur Anheuser-Busch InBev (AB InBev) is sy grootste mededinger in die plaaslike mark, Distell, warm onder die kraag omdat hy meen voorwaardes vir die transaksie word geminag.

Distell het by die Mededingingstribunaal aansoek gedoen dat ’n amptelike ondersoek gedoen word nadat die Mededingingskommissie self geen gronde vir sy besware gevind het nie.

Volgens Distell is AB InBev besig om ander produsente en mededingers se advertensies by drankwinkels te verwyder.

Indien waar, sou dit ’n ooglopende oortreding van die voorwaardes vir die verkryging wees.

’n Verhoor hieroor vind Donderdag en Vrydag plaas.

Distell was een van die hoofpartye wat tydens die goedkeuringsproses vir die samesmelting in Junie 2016 voorleggings voor die kommissie gedoen het. Distell was ook toe hoogs besorg oor die samesmelting.

SAB voer intussen onder meer aan dat Distell se klag ’n poging is om mededinging te beperk en nie verband hou met die voorwaardes van die samesmelting nie.

Volgens SAB het die klag geen meriete nie en moet dit dus deur die tribunaal van die hand gewys word.

Meer oor:  Sabmiller  |  Distell  |  Anheuser-Busch Inbev  |  Drank
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.