Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
SA drink flink bier – inperking of nié!

Suid-Afrikaners het baie meer bier in die eerste ses maande van die jaar gekoop as wat daar tydens die eerste helfte van verlede jaar in trollies gelaai is.

Volgens AB InBev is Carling Black Label een van sy sterk verkopers in Suid-Afrika. AB InBev het in 2016 die Suid-Afrikaanse Brouerye (SAB), wat Black Label brou, onder sy internasionale dak ingebring. Foto: Unsplash

Die belangrikste rede vir die dubbelsyfergroei in volumes teenoor die ooreenstemmende tydperk verlede jaar is omdat die verbod op drankverkope die hele tweede kwartaal van 2020 geduur het. Daar was wel ook ’n algehele verbod in Januarie en die eerste weke van Februarie 2021.

Die internasionale drankreus Anheuser-Busch InBev (AB InBev) het Donderdag sy resultate vir die tweede kwartaal en eerste helfte van die jaar uitgereik.

AB InBev het belange in Suid-Afrika deur sy aandeelhouding in die Suid-Afrikaanse Brouerye (SAB).

In sy verklaring verwys die drankreus spesifiek na die impak van die mees onlangse drankverbod, wat Sondagaand verslap is. Volgens AB InBev is die vraag na SAB se bier in Suid-Afrika sterk.

Die volumes bier wat deur SAB gedurende die eerste ses maande van die jaar verkoop is, het stewig met dubbelsyfers gegroei teenoor die volumes van die ooreenstemmende tydperk verlede jaar toe drankverkope ook verbied is.

“Die oomblik toe ons weer toegelaat is om bier te verkoop in Suid-Afrika, was daar ’n sterk verbruikersaanvraag na ons bier,” volgens die mediaverklaring.

“Die mees onlangse algehele verbod op drankverkope, wat op 28 Junie ingestel is en tot 25 Julie gegeld het, het wel die laaste week van die tweede kwartaal se verkope geraak en sal ook ’n impak hê op die eerste week van die derde kwartaal se verkoopsyfers.”

AB InBev sê sy strategie is om aan te pas by die uitdagende omgewing wat drankverkope heeltemal of in ’n mate beperk.

Dit is veral Carling Black Label wat goed vaar en uitgelig word as een van die maatskappy se meer kragtige handelsmerke in Suid-Afrika.

In die mark vir premium biere lewer sy internasionale handelsmerke Corona en Stella Artois ook volgehoue en gesonde vertonings in Suid-Afrika.

Gegeurde drankies, soos Brutal Fruit en Flying Fish, word ook fluks deur Suid-Afrikaners gedrink, aldus die verklaring.

In die tweede kwartaal van die jaar het die saamgestelde inkomste uit die verkope van Budweiser, Stella Artois en Corona wêreldwyd met 23% gegroei.

In die res van Afrika ondervind AB InBev steeds uitdagende omstandighede as gevolg van volgehoue Covid-19-regulasies in ander lande.

Meer oor:  Ab Inbev  |  Sab  |  Anheuser-Busch Inbev  |  Drankverkope  |  Inperkingsmaatreëls  |  Bierbedryf  |  Inperking  |  Drankbedryf  |  Covid-19  |  Drank  |  Bier  |  Koronavirus
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.