Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
SA Express mag weer vlieg
’n SA Express Q400. Foto: Argief

Die staat se streeklugdiens SA Express mag weer vlieg, maar met net twee vliegtuie.

Die Burgerlugvaartowerheid het Donderdagmiddag aangekondig hy het SA Express se lugdiensoperateursertifikaat heringestel, wat die lugdiens die reg gee om vlugte te hervat.

Dit kom nadat SA Express, wat net soos die SAL in geldelike moeilikheid is, in Mei gestrand gelaat is nadat die Burgerlugvaartowerheid probleme opgetel het met die lugdiens se vliegtuiginstandhouding asook die lugvaardigheid van 9 van sy 21 vliegtuie.

Dit het omvangryke ontwrigting veroorsaak vir duisende passasiers wat na en van kleiner stede en dorpe in Suider-Afrika wou vlieg waar SA Express roetes aanbied, soos Nelspruit, Richardsbaai, Windhoek, Gaborone, Kimberley, Oos-Londen of Bloemfontein.

Die Suid-Afrikaanse Lugdiens, Mango en Airlink het vinnig probeer uithelp en ekstra vlugte op van die roetes aangebied om die gaping te help vul.

Die Burgerlugvaartowerheid het reeds in Junie SA Express se vliegtuiginstandhoudingsertifikaat heringestel. Hy het Donderdag aangekondig hy het die lugvaardigheidsertifikate vir twee van SA Express se vliegtuie heringestel. Die lugdiens kan dus in teorie weer met sy vlugte begin, maar hy het net twee vliegtuie tot sy beskikking.

Die terugtrek van die nodige sertifikate was nadat die Burgerlugvaartowerheid ‘’n oudit van SA Express se vliegtuie en instandhoudingswerk gedoen het, waar ernstige gevalle van nie-voldoening gevind is wat ernstige veiligheidsrisiko’s ingehou het.

Poppy Khoza, direkteur van Burgerlugvaart, het gewaarsku lugdienste moet besef finansiële volhoubaarheid moet altyd versigtig gebalanseer word met die noodsaak om te alle tye aanvaarbare vlakke van lugvaartveiligheid en -sekuriteit te handhaaf.

Meer oor:  Sa Express  |  Maatskappye  |  Lugdiens  |  Lugvaart  |  Staatsinstellings
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.