Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
SA Express sê hy kan binnekort weer vlieg
'n Foto van een van SA Express se vliegtuie op SA Airlines se webtuiste.

Die staat se streeklugdiens SA Express sê hy kan binnekort weer vlieg.

SA Express, wie se vlugte op 24 Mei gestaak is nadat die Burgerlugvaartowerheid (BLO) sy vlieglisensie opgeskort het, sê sy sertifisering vir vliegtuiginstandhouding is reeds op Vrydag 22 Junie heringestel.

Volgens die lugdiens werk die nuutaangestelde direksie, die personeel asook ’n ministeriële ingrypingspan onverpoos om die korrektiewe aksieplanne in te stel wat die BLO voorgeskryf het voordat SA Express weer kan vlieg.

Sedert SA Express se vlugte gestaak is, het die SAL en Airlink gehelp om gapings te vul op die roetes na kleiner lughawens soos dié op Kimberley, Oos-Londen, Hoedspruit, Walvisbaai, Richardsbaai, Bloemfontein en Gaborone.

SA Express se direksie het Woensdag verslag gedoen aan Pravin Gordhan, minister van openbare ondernemings, oor hul vordering om SA Express weer op die vlak te kry waar die BLO sy vlieglisensie kan herstel.

SA Express sê die finale fase van ’n vyf-fase-proses wat die BLO voorskryf, het Donderdag begin sodat die lugdiens hersertifiseer kan word om weer te mag vlieg. Sodra die lugoperateursertifikaat deur die BLO uitgereik word, kan die lugdiens weer begin vlieg.

Die BLO het in Mei die lugvaardigheidsertifikate van nege van SA Express se 21 vliegtuie teruggetrek.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.