Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
SA Express se vliegtuie opgeveil – maar kan nie vlieg

Die vliegtuie van SA Express, die staatsbeheerde lugdiens wat in April in voorlopige likwidasie geplaas is, word op 18 November opgeveil.

Suid-Afrikaanse Lugdiens
SA Express, die staatsbeheerde lugdiens, is in April in voorlopige likwidasie geplaas.

Dit klink egter asof die veiling ideaal gaan wees vir mense op soek na skrootmetaal aangesien van die vliegtuie wat opgeveil gaan word, deur die Burgerlugvaartowerheid afgeskryf gaan word.

GoIndustry DoveBid Africa sê die veilig word aanlyn gehou en sluit om 16:00.

Die veilingshuis sê die veiling volg op “maande se werk, wat ingesluit het verskeie prosesse om met belangstellende partye in gesprek te tree om die lugdiens te koop met die oog op die hervatting van bedrywighede”.

Een konsortium, Fly SAX, is eindelik as koper geïdentifiseer, waardeur SA Express se likwidasie afgeweer is.

Fly SAX het ’n “ankerbelegger” wat nie geïdentifiseer word nie, en voormalige personeel van SA Express gaan ook aandele hou. Die koopprys was R50 miljoen.

Die konsortium stel egter nie belang in een van die roerende bates van die lugdiens nie, slegs in die maatskappy se roetes, landingsregte en lugvaartlisensies wat nie verval het nie.

Die veiling sluit bates in soos agt Bombardier CRJ200-vliegtuie wat nie lugwaardig is nie – van hulle gaan deur Burgerlugvaartowerheid afgeskryf word. Ander bates is vliegtuigenjins en onderdele.

SA Express se kantoormeubels en ander nie-lugvaartverwante bates sal op ’n latere veiling verkoop word.

Die bates word by O.R. Tambo-lughawe in Kempton Park gehou en mense wat nie die nodige permitte het om die lughawe te besoek nie, sal die bates net met behulp van foto’s en beskrywings kan beoordeel, wat GoIndustry DoveBid Africa as “onvermybare omstandighede” beskryf.

GoIndustry DoveBid SA het die lugdiens selfs op aanlyn platforms soos Gumtree en Junk Mail geadverteer. Daar is glo op Fly SAX besluit juis omdat hy onderneem om SA Express se 691 werknemers te bemagtig.

Travelnews berig Fly SAX hoop dat die lugdiens teen 2021 weer in bedryf sal wees. Thabsile Sikakane, woordvoerder van Fly SAX, het voorheen aan die SAUK gesê die plan is om die geld om die lugdiens te koop met behulp van skarefinansiering oftewel “crowd funding” in te samel.

Fly SAX gaan saam met Uprise.africa werk om die geld op dié manier in te samel. Sy het erken dat nie al 691 werknemers hul werk sal kan behou nie.

“Ons gaan klein begin, en met kleiner vliegtuie,” het sy gesê. Sikakane sê hulle glo ondanks die invloed van die Covid-19-pandemie op die lugvaartbedryf kan hulle steeds die lugdiens winsgewend bedryf.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.