Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
SA Express vlieg weer na Walvisbaai

SA Express gaan dié naweek sy vlugte tussen Kaapstad en Walvisbaai in Namibië hervat.

’n SA Express Q400-vliegtuig.Foto: Argief

Die staatsbeheerde lugdiens het, soos die Suid-Afrikaanse Lugdiens (SAL), ernstige finansiële probleme.

In Mei verlede jaar het die Burgerlugvaartowerheid nege van SA Express se 21 vliegtuie gehok en die lugdiens se lisensie is sowat twee maande lank opgeskort.

Madikwe Mabotha, woordvoerder, het Vrydag gesê die vlugte na Walvisbaai sal dié naweek hervat.

“Dis deel van ons strategie om na finansiële volhoubaarheid terug te keer nadat ons verlede jaar deur owerhede gehok is. Ons stel die roetes weer stelselmatig bekend. Tot dusver is agt roetes weer in bedryf gestel.”

Die lugdiens het verlede jaar ’n staatswaarborg van R1,2 miljard gekry en het ’n lening van R400 miljoen op grond daarvan bekom om sy bedrywighede te stabiliseer, sê Mabotha.

“Die geld het ons in staat gestel om van ons bestaande finansiële vereistes te diens en skuld af te betaal. Die lugdiens se finansiële posisie was baie swak, maar maatreëls is in plek geplaas om ons terug op die pad na herstel te plaas, insluitende die inwerkingstelling van ’n omkeerplan.”

Volgens Mabotha verwag SA Express om teen die einde van die boekjaar gelyk te breek. “Ons doelwit is om finansieel volhoubaar te word en ons afhanklikheid van die aandeelhouer (die regering) te beperk.”

Die lening is met streng voorwaardes toegestaan, insluitend dat die lugdiens sy omkeer moet bewys.

Siza Mzimela is in Augustus as waarnemende uitvoerende hoof aangestel. – Fin24, verkort

Meer oor:  Sa Express  |  Walvisbaai  |  Kaapstad  |  Lughawens  |  Lugdienste  |  Staatsondernemings  |  Bestemmings
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.