Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
SA Express vlieg weer volgende week

Die eerste vlugte van SA Express sal volgende week hervat nadat die lugdiens in Mei gedwing is om vlugte te staak.

’n SA Express Q400.

Die staat se streeklugdiens is in Mei gestrand gelaat nadat die Burgerlugvaartowerheid probleme opgetel het met die lugdiens se vliegtuiginstandhouding asook die lugvaardigheid van 9 van sy 21 vliegtuie.

Dit het omvangryke ontwrigting veroorsaak vir duisende passasiers wat na en van kleiner stede en dorpe in Suider-Afrika wou vlieg waar SA Express roetes aanbied, soos Nelspruit, Richardsbaai, Windhoek, Gaborone, Kimberley, Oos-Londen of Bloemfontein.

Die Burgerlugvaartowerheid het reeds in Junie SA Express se vliegtuiginstandhoudingsertifikaat heringestel.

Hy het onlangs aangekondig hy het die lugvaardigheidsertifikate vir twee van SA Express se vliegtuie heringestel.

Volgens Pravin Gordhan, minister van openbare ondernemings, spruit die lugdiens se probleme uit topbestuur wat nie die nodige integriteit aan die dag gelê het nie. Hy het die omdraaispan by SA Express lof toegeswaai, insluitend Siza Mzimela, ’n vorige hoof van die lugdiens wat haar dienste gratis aanbied om SA Express as waarnemende uitvoerende hoof reg te ruk.

Daar is uitdagings om salarisse en vir vliegtuig-onderdele te betaal.

SA Express het likiditeitsprobleme ondanks die staatswaarborg van R1,74 miljard wat die lugdiens gekry het. Onmiddellike herkapitalisering word vereis.

Hoewel daar ’n nuwe direksie is, het SA Express nog nie weer heeltydse uitvoerende en finansiële hoofde nie. Die kabinet het die nuwe direksie in Mei aangestel.

Gesprekke met die direksie van die Suid-Afrikaanse Lugdiens duur voort om onmiddellike besparings te probeer beding.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.