Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
SA Express ‘weet niks’ van aansoek om sakeredding

SA Express sal ’n hofaansoek teenstaan om hom in sakeredding te plaas.

Daily Maverick het Vrydag berig dat Ziegler SA, ’n maatskappy wat dienste aan die vervoersektor bied, ’n dringende aansoek by die hooggeregshof in Johannesburg ingedien het om R11,3 miljoen terug te kry wat SA Express hom glo skuld.

Mpho Majatladi, woordvoerder vir SA Express, sê in ’n e-pos aan Fin24 dat sy nog nie kennis ontvang het van enige hofaansoek om die lugdiens in sakeredding te plaas nie.

SA Express is onafhanklik van die Suid-Afrikaanse Lugdiens.Foto: Argief

Ziegler het nie op ’n versoek om kommentaar gereageer nie.

Daily Maverick berig dat Ziegler en SA Express in Februarie 2017 ’n ooreenkoms gesluit het.

Ziegler sou die plaaslike en internasionale vervoer van vliegtuigonderdele en -enjins van SA Express as deel van instandhouding hanteer.

Volgens Ziegler se beëdigde verklaring, het SA Express hom nie binne voorafbepaalde sperdatums betaal nie. Hy skuld Ziegler nou volgens Daily Maverick glo R11,3 miljoen.

Majatladi sê dat sou Ziegler ’n hofaansoek gebring het, dit moontlik “kwaadwillig” kan wees, aangesien die verskaffer glo geïdentifiseer is as “een wat voordeel trek uit onreëlmatige kontraktering”.

“Hierdie verskaffer is een van baie wat intern hersien word weens ernstige misbruik van die verkrygingstelsel, onbillike pryse en te hoë tariewe,” sê Majatladi.

Majatladi sê verskaffers met wettige kontrakte werk saam met die lugdiens om te verseker dat betalings redelik is vir albei partye.

Diegene met “twyfelagtige kontrakte” probeer egter voordurend om die lugdiens te kry om betalings so vinnig moontlik te maak voor SA Express se ondersoeke afgehandel word.

“Optrede soos dié ondermyn ook die pogings van SA Express om bestuur te herstel en weer op te bou wat deur korrupsie geknou is,” sê sy.

SA Express het ’n netto verlies van R590 miljoen vir die boekjaar tot einde Maart 2019 gely.

Die lugdiens het ook nie ’n gekwalifiseerde ouditmening van die ouditeur-generaal van Suid-Afrika ontvang nie.

Daar was glo nie voldoende bewyse in sy finansiële state dat die gevolgtrekking gemaak kan word dat hy as ’n lopende saak kan voortgaan nie.

Kimi Makwetu, die ouditeur-generaal, sê die lugdiens het nie al die onreëlmatige uitgawes wat aangegaan is in sy finansiële state ingesluit nie. Die volle omvang van onreëlmatige uitgawes kon dus nie vasgestel word nie.

Onreëlmatige uitgawes van R834 miljoen word op die state aangedui. Dit is meer as die R677 miljoen in die vorige boekjaar.

SA Express is ’n laekoste lugdiens wat in 1994 gestig is.

Hy bedien roetes in Suid-Afrika en die res van Afrika.

Dit vorm nie deel van die Suid-Afrikaanse Lugdiens nie. Albei val wel onder die department van openbare ondernemings.

Fin24

Meer oor:  Sal  |  Ziegler Sa  |  Suid-Afrikaanse Lugdiens  |  Sa Express  |  Sakeredding
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.