Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
SA in isolasie: Net dié 12 lugdienste vlieg hierheen

Weens vrese oor die sogenaamde Suid-Afrikaanse variant van die virus wat Covid-19 veroorsaak, vlieg net ’n handjievol internasionale lugdienste nog na en van Suid-Afrika.

Vlugte na en van Suid-Afrika is baie beperk en Suid-Afrikaners gaan vir nog lank sukkel om oorsee te reis. ­ Foto: Unsplash

Voorheen het 32 lugdienste internasionale vlugte na en van Suid-Afrika bedryf, maar net 12 doen dit nog, volgens Suid-Afrikaanse Raad van Lugdiensverteenwoordigers (Barsa).

Tourism Update sê dié beperkings op Suid-Afrikaanse reisigers het gelei tot ’n daling van 62% in die opsies vir Suid-Afrikaners, of enigiemand wat landuit wil gaan, om oorsee te kom.

Dr. Joachim Vermooten, lugvaartekonoom en geoktrooieerde rekenmeester, sê dis belangrik om te onthou dat dit nie die lugdienste is wat die besluite geneem het nie – dis die sogenaamde “Covid-reguleerders” in elke land.

“Plaaslike reguleerders in elke land pas allerhande drakoniese reëls toe wat vlugte beperk,” sê Vermooten.

Sy mening is dat die “vooroordeel” oor die sogenaamde Suid-Afrikaanse variant absurd is. Volgens hom moet lande eerder fokus op streng maatreëls vir individuele passasiers as om ’n algehele verbod op ’n hele land toe te pas.

Kim Taylor, direkteur van Flight Centre, sê Suid-Afrikaners sukkel nou vreeslik om landuit te kom.

“Jou opsies is baie beperk,” sê Taylor.

Barsa onderhandel met regerings en die lugvaartbedryf as geheel om vlugroetes na en van Suid-Afrika te heropen.

Vermooten meen dis ’n gedoemde stryd.

Plaaslike reguleerders in elke land pas allerhande drakoniese reëls toe wat vlugte beperk.
Dr. Joachim Vermooten, ekonoom

Lande is veronderstel om deur middel van die Verenigde Nasies se Internasionale Burgerlugvaartorganisasie (Icao) te onderhandel oor lugvaart. Sedert die aanvang van die pandemie is lande egter besig om dié bedingingsraad te systap en hul eie besluite te neem.

“Elke land se eie Covid-19-reguleerders sê nou wat moet gebeur,” sê Vermooten.

Taylor sê ál manier wat mens nou na sekere bestemmings oorsee kan vlieg, is om indirekte vlugte te neem.

Dit stoot nie net die prys op nie, dit verlangsaam die proses. Soms beteken dit die nodige Covid-19-toetse wat mens moet doen om sekere lande binne te kom, het al verval teen die tyd wat mens by die bestemming aankom en moet dan weer gedoen word.

“Reis is nou vir Suid-Afrikaners baie moeilik,” sê Taylor.

Vermooten verwag nie dat die situasie binnekort sal verander nie.

“ ’n Hervatting van bedrywighede soos gewoonweg in die lugvaartbedryf is nie tans moontlik nie.”

Hy reken die onsekerheid oor variante sal nog vir ’n geruime tyd bly.

Taylor is ietwat meer optimisties, maar ook maar net-net.

“Die begin van nasionale entstofprogramme sal vertroue in ’n mate laat herstel, maar dinge gaan lank vat om terug te keer na normaal.”

k
Meer oor:  Staat Van Inperking  |  Lugdienste  |  Koronavirus  |  Staatsondernemings  |  Inperking  |  Vlugte  |  Covid-19
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.