Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
SA kry nuwe lugdiens, vra hulp met naam
Suid-Afrika kry in Desember ’n nuwe lugdiens wat tans nog nie ’n naam het nie. Foto: Unsplash

Kreatiewe Suid-Afrikaners word genooi om vorendag te kom met ’n naam vir ’n nuwe lugdiens wat beplan om in Desember in bedryf te wees.

Gidon Novick, een van die stigters van Kulula.com, is besig om ’n nuwe lugdiens op te rig wat aanvanklik net tussen Kaapstad en Johannesburg gaan vlieg.

Die lugdiens sonder naam gaan deur tegnologie gedryf word, “soortgelyk aan wat Uber gedoen het,” het Novick aan CNBC Africa gesê.

“Daar is ’n massiewe geleentheid vir lugdienste om sy verhouding met passasiers te heroorweeg en meer op gebruikers te fokus.”

Volgens Novick het die koronaviruspandemie die “unieke geleentheid geskep om ’n lugdiens te skep wat nie net beduidend doeltreffender is nie, maar ook die unieke talent wat ons land bied, gebruik”.

Dit is nog nie bekend presies hoe Novick sy lugdiens van bestaande lugdienste gaan probeer onderskei nie.

Die roete tussen Kaapstad en Johannesburg is wel een van die besigste ter wêreld. En daar bestaan die nood vir meer vlugte noudat die Suid-Afrikaanse Lugdiens en Comair uit bedryf uit is.

Comair het wel aangekondig hulle beplan om ook teen Desember vlugte te hervat.

LEES OOK: Groot mylpaal vir Comair se sakeredding behaal

Novick was voorheen die uitvoerende hoof van Comair.

Volgens hom gaan sy nuwe lugdiens alles in die stryd werp om nooit skuld aan te gaan nie.

Daarom gaan die lugdiens net ouer vliegtuie koop of huur wat sowat 180 passasiers kan vervoer.

Die lugdiens word privaat befonds in samewerking met Global Aviation, ’n bestaande onderneming wat verskeie vliegtuie besit en aan ander plaaslike lugdienste uitverhuur.

Enigiemand wat met ’n kreatiewe naam vir die nuwe lugdiens vorendag kan kom, kan hul voorstelle by brandnewairline.co.za gaan indien.

Die wenner wie se naam gekies word, kan ’n jaar se gratis vliegtuigkaartjies op die nuwe lugdiens te waarde van R480 000 wen.

Die wenner (en die naam van die nuwe lugdiens) sal na verwagting binne die volgende twee weke aangekondig word.

Meer oor:  Kulula.Com  |  Kulula  |  Comair  |  Lugdienste  |  Maatskappye
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.