Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Hier is die 10 beste lugdienste ter wêreld
Singapore Airlines is as die beste lugdiens in die 2018 aangewys.

Suid-Afrikaanse lugdienste kon maar net nie die mas opkom in Skytrax se ranglys van beste lugdienste in 2018 nie.

CNN  berig die enigste twee wat enigsins erkenning gekry het, is die Suid-Afrikaanse Lugdiens (SAL) en Mango. Hulle is as wenners in van die onderafdelings aangewys.

Die SAL se personeel is as die beste in Afrika aangewys, terwyl Mango weer erkenning as die beste laekostelugdiens in Afrika gekry het.

Die beste lugdiens ter wêreld is volgens Skytrax Singapore Airlines. Dit is die eerste keer in tien jaar dat dié lugdiens die gesogte titel wen.

Qatar Airways, verlede jaar se wenner, is vanjaar naasbeste.

Singapore Airlines het ook die pryse vir die lugdiens met die beste eersteklas, beste lugdiens in Asië en lugdiens met die beste sitplek in eersteklas gewen.

Die wêreld se tien beste lugdienste in 2018

1. Singapore Airlines

2. Qatar Airways

3. ANA (All Nippon Airways)

4. Emirates

5. EVA Air

6. Cathay Pacific

7. Lufthansa

8. Hainan Airlines

9. Garuda Indonesia

10. Thai Airways

Ander wenners in Afrika

  • Beste: Ethiopian Airlines
  • Beste streekslugdiens: Royal Air Maroc
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.