Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
SA se kitskos kry (meestal) regmerkies
Foto: Argief

Suid-Afrikaners hou van hul kitskosplekke en daar is min wat hul ontevrede maak, toon die jongste indeks oor verbruikerstevredenheid (Sacsi).

Die Sacsi vir kitskosrestaurante meet verbruikers se tevredenheid deur middel van ’n internasionale model wat ’n punt uit 100 gee.

Die peiling toon Suid-Afrikaners is “uiters tevrede” met hul kitskosrestaurante want dit voldoen aan hul verwagtinge oor waarde vir geld en diens, het prof. Adré Schreuder, uitvoerende hoof van Consulta, wat die Sacsi-peilings doen, in ’n verklaring gesê.

Volgens hom kry Debonairs Pizza die hoogste telling van sy klante van 85.

Dit is hoër as die gemiddelde van 82,2 vir die bedryf.

Nando’s en McDonald’s s’n is ook beter as die gemiddelde, met onderskeidelik 83,8 en 83,2 punte.

KFC, Chicken Licken en Steers lê onder die gemiddelde telling.

Schreuder sê platsak Suid-Afrikaners sal by ’n kitskosplek koop wat hulle glo waarde vir hul geld bied sonder om gehalte in te boet.

Debonairs Pizza het ook die hoogste telling vir waargenome waarde van 85,2 gevolg deur KFC, Chicken Licken (albei 83,1) en McDonald’s (82,4).

Die gemiddelde was 82,2 en Nando’s (80,8) en Steers (78,9) het ’n punt laer as die gemiddelde behaal.

Verbruikers se siening van ’n handelsnaam word dikwels gesien in hoe klagtes bestuur word.

Hy meen die vraag na waarde en diens word getoon in die klagtes oor kitskosrestaurante. Die algemeenste klagte hou verband met hoe akkuraat die bestelling geneem is, die spoed waarteen die kos kom, die gehalte van die diens en die prys van die artikels.

Verbruikers se siening van ’n handelsnaam word dikwels gesien in hoe klagtes bestuur word. McDonald’s se klante het hom die laagste telling gegee vir klagtebestuur met ’n baie lae telling van 9,4.

Aan die ander kant het Nando’s se klante aangedui hul klagtes word goed bestuur met ’n telling van 71,3.

Dit is heelwat bo die gemiddelde vir die bedryf van 54,9.

Wat betref of verbruikers ’n restaurant sal aanbeveel aan familie en vriende, kry Debonairs ook ’n goeie punt, gevolg deur KFC.

Nando’s, Chicken Licken, McDonald’s en Steers is weer onder die gemiddelde.

Steers s’n is 35.

Meer oor:  Steers  |  Debonairs  |  Nando's  |  Mcdonalds  |  Restaurante  |  Kitskos  |  Verbruikers  |  Maatskappye
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.