Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
SA vra Interpol se hulp met Steinhoff

Owerhede in Suid-Afrika het ’n versoek deur Interpol gerig om toegang te verkry tot inligting van gelyktydige ondersoeke wat teen die maatskappy Steinhoff in Duitsland en Nederland gedoen word.

Lt.genl. Godfrey Lebeya, nasionale hoof van die Valke, het dit Woensdag in die parlement bekendgemaak toe hy saam met Bheki Cele, minister van polisie, verslag gedoen het oor die vordering van hul hoëprofielondersoeke na onder meer staatskaping, Steinhoff, VBS Mutual Bank, onwettige mynbedrywighede en seestropery.

Markus Jooste, voormalige uitvoerende hoof van Steinhoff.

Lebeya het aan die portefeuljekomitee oor polisie gesê dat drie dossiere aanvanklik oor Steinhoff deur die Valke ontvang is. Die klagtes spruit uit beweringe dat Steinhoff in 2014-’15 vals en misleidende finansiële state uitgereik het om beleggers te lok.

Markus Jooste was toe nog uitvoerende hoof. Nadat bogenoemde ontdek is, het die maatskappy se aandeelprys aansienlik geval.

Volgens Lebeya duur die ondersoek teen Steinhoff egter voort.

“Ons het reaksie gekry wat die ondersoekspan uitgenooi het om ’n formele versoek vir regsbystand in te dien.”

Lebeya sê dat die ouditeursfirma PWC vroeër ook aangestel is om ’n oudit te doen om te bepaal hoe presies misdade in Steinhoff gepleeg is en hoe dit beleggers benadeel het.

“Die verslag van PWC sal na verwagting aandui watter misdade gepleeg is en ’n versoek vir regsbystand (van Duitsland en Nederland) sal dan saamgestel word,” sê Lebeya.

Volg Netwerk24 vir meer inligting oor die berig.

Meer oor:  Steinhoff  |  Markus Jooste  |  Godfrey Lebeya  |  Interpol  |  Valke  |  Kleinhandelaars  |  Bedrog  |  Kleinhandel
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.