Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
SAB boos oor hoër bier-belasting

Die bierbrouer SAB is glad nie so gelate oor die skerp styging in aksyns as die wynbedryfsliggaam Vinpro nie.

Tito Mboweni, minister van finansies, het aksyns op bier met 7,4% verhoog.

Die maatskappy, wat aan Anheuser-Busch InBev behoort, sê in ’n verklaring hy is verras dat Tito Mboweni, minister van finansies, aksyns op bier met 7,4% verhoog het. Dit kom neer op ’n styging van 11c per 340 ml-blikkie bier, en bring die totale aksyns op die blikkie op R1,74 te staan.

Aksyns op wyn, siders, spiritualieë en sigarette het ook met 7,4% gestyg, terwyl die aksyns op vonkelwyn en sigare met 9% gestyg het.

Lees ook: Só gaan jy opdok vir ’n drankie of ’n dampie

SAB sê in ’n verklaring hulle reken dis teenstrydig met die tesourie se beleid op aksyns op alkohol. Volgens SAB se begrip daarvan moet aksyns nie met meer styg as die verwagte inflasiekoers nie.

Die bedryf verskaf jaarliks markinligting aan die tesourie.

“Ons is bekommerd oor die beleidsverandering en glo dat groter beleidsekerheid en deursigtigheid juis in uitdagende ekonomiese tye vereis word as ten einde beleggings te bevorder.”

Rico Basson, uitvoerende hoof van Vinpro, het ná Woensdag se begrotingsrede gesê die wyn- en spiritualieëbedryf verwelkom die “inflasionêre stygings” in aksyns.

Volgens die tesourie is sy mikpunt dat die aksyns op wyn nie meer beloop as 11% van die geweegde gemiddelde kleinhandelprys nie, op bier nie meer as 23% nie en op spiritualieë nie meer as 36% nie. Die tesourie gee toe dat die nuwe verhogings die aksynslas effens hoër as dié teikens maak.

Lees ook: Suikerbedryf siedend, wynbedryf gelate

SAB reken die konstante skerp styging in aksyns kan die bedryf onvolhoubaar maak.

Dit maak die land boonop kwesbaar vir die handel in onwettige alkohol, wat die ekonomie volgens SAB in 2017 na raming R6,4 miljard gekos het.

“Onwettige alkoholprodukte skep ’n ernstige gevaar vir die gesondheid en veiligheid van individue.”

SAB sê hy dra heelwat tot die land se ekonomie by, en dít in kritieke sektore van die ekonomie wat heelwat werk skep, insluitende landbou, landbouverwerking, vervoer en vervaardiging.

Meer oor:  Sab  |  Vinpro  |  Sondebelasting  |  Belasting  |  Alkohol  |  Begroting 2019  |  Biermaatskappye
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.