Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
SAB bring hofsaak oor drankverbod

Die SAB gaan die grondwetlikheid van die besluit oor die jongste drankverbod en die proses wat die nasionale koronavirusbevelsraad gevolg het om tot dié besluit te kom, in die hof betwis.

(Facebook, Castle Lager SA)
Dit het die derde verbod geneem vir SAB om hof toe te gaan.

’n Aansoek is Woensdag by die hooggeregshof in Kaapstad ingedien.

Die bierreus sê hy ondersteun alle wettige maatreëls, soos die aandklokreël wat vroeër van krag is en ’n beperking op hoeveel mense binne en buite bymekaar kan kom, beperkte verkope en strenger polisiëring.

“Ons verskil egter ten sterkste met die verdere verbod op die verkoop van drank.

“Die SAB is van mening dat enige verbod, insluitend die huidige een, veel verder gaan as wat redelik en nodig is om die verspreiding van die virus te beperk, en dat dit onwettig verskillende regte beperk wat deur ons Grondwet verskans en beskerm word. Dit sluit in die reg op vryheid van handel, die reg op menswaardigheid, privaatheid en die reg op liggaamlike en sielkundige integriteit.”

Volgens die SAB handel sy aansoek in ’n groot mate oor die reg van volwasse Suid-Afrikaners om ’n bier veilig in die privaatheid van hul eie huis te drink.

“Die verbod se impak op die waardeketting en die ekonomie doen meer skade as wat dit goed doen.”

Die bedryf het op 28 Desember ’n voorlegging aan die regering gedoen om alternatiewe te oorweeg eerder as die landwye verbod op verkope.

Die SAB sê alternatiewe is nie oorweeg nie. Dit sluit in beperkings op verkoopskanale, soos dat tavernes en sjebeens ophou drank bedien en dit net vir wegneem verkoop en dat die handelsdae en -ure steeds beperk word.

“Die SAB glo dit, en die langer aandklokreël, sou redelik en doeltreffend gewees het om die gesondheidstelsel te ondersteun, sou die verspreiding van die virus beperk het en steeds ondernemings se voortbestaan verseker en die ekonomie oopgehou het.”

Die maatskappy sê hy gaan nou hof toe omdat hy as ’n “geregistreerde regspersoon in Suid-Afrika geregtig is op sekere regte ingevolge die Grondwet”.

“Die SAB is van mening dat die huidige regulasies wat die verkoop en verspreiding van drank verbied, ’n onregverdigbare inbreuk op hierdie regte maak.”

Die aansoek is ook ter erkenning van die impak op die verskillende dele van sy waardeketting, insluitend taverne-, sjebeen- en restauranteienaars; drywers en die vervoerders van die SAB se alkoholiese produkte; klein- en groothandelaars van sy produkte en elke verbruiker van sy alkoholiese produkte.

“Die SAB doen die regstappe om sy eie regte te beskerm, sowel as die regte van diegene wat van die SAB en sy produkte afhanklik is om ’n bestaan ??te maak.”

Meer oor:  Sab  |  Suid-Afrikaanse Brouerye  |  Hofsaak  |  Bier  |  Inperking  |  Drankverbod  |  Hooggeregshof
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.