Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
SAB ‘optimisties’ oor drankverkope vanaf 1 Junie

Die Suid-Afrikaanse Brouerye (SAB) is “optimisties” oor die aankondiging van pres. Cyril Ramaphosa Sondagaand dat drankverkope op 1 Junie kan hervat.

Baie Suid-Afrikaners se mond water al vir ’n bier. Foto: Tom Parker, OneRedEye

Ramaphosa het toe gesê drankwinkels sal onder streng voorwaardes alkohol onder vlak 3 van die inperking mag verkoop.

Toe SAB gevra is of hy bekommerd is dié besluit sal deur die nasionale bevelsraad omgekeer word soos met sigaretverkope op vlak 4 gedoen is, het hy geantwoord hy is optimisties omdat hy glo dit is moontlik om beperkte handel wat veilig is toe te laat. Die bierreus sê hy wag op die regulasies oor die vlak 3-inperking vir verdere besonderhede.

SAB en die bedryf het verskillende scenario’s en oplossings voorgestel om verantwoordelike handel in en verbruik van alkohol te verseker.

“SAB en die bedryf verwelkom die moontlikheid om handel te dryf en verstaan die regering se voorkeur om net op vier dae van die week verkope toe te laat, maar ons is bekommerd oor veiligheid en dat voorvalle soortgelyk aan wat in lande soos Indië gebeur het (waar mense vertrap is in stormlope toe drankwinkels heropen het), sal voorkom.”

Die bedryf het voorgestel dat verkope op meer dae en vir langer ure per dag toegelaat word.

SAB sê sy voorleggings is ingedien, maar hy bly beskikbaar vir verdere skakeling oor die opstel van die regulasies vir vlak 3.

Meer oor:  Sab  |  Vlak 3  |  Wynbedryf  |  Vlak 4  |  Inperking  |  Drankverbod  |  Drankbedryf  |  Covid-19  |  Drankverkope  |  Drank  |  Staat Van Inperking  |  Bier  |  Koronavirus  |  Wyn
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.