Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
SABMiller, Coke ‘sal honderde miljoene belê’
Die partye wat betrokke is by die stigting van Coca-Cola Beverages Africa met die Suid-Afrikaanse regering ooreengekom op voorwaardes vir die samesmelting wat tot Afrika se grootste botteleringsmaatskappy sal lei.

SABMiller en Coca-Cola is bereid om R800 miljoen te belê om verskaffers, kleinboere – ook appelboere wat vir Appletiser appels kan lewer – en winkels in swart besit te ontwikkel.

Die partye wat betrokke is by die stigting van Coca-Cola Beverages Africa (CCBA) – SABMiller, Coca-Cola en Gutsche Family Investments – het met die Suid-Afrikaanse regering ooreengekom op voorwaardes vir die samesmelting wat tot Afrika se grootste botteleringsmaatskappy sal lei.

Gutsche Family Investments is die beherende aandeelhouers van Coca-Cola Sabco, wat naas SABMiller die grootste Coke-botteleerder in Afrika is.

Die hoop is dat die samesmelting dan vinniger deur die Mededingingstribunaal, wat Maandag daaroor begin sit, goedgekeur sal word.

Coca-Cola sal ook verseker dat mededingers genoeg koelkasruimte kry in klein winkels, insluitend spaza-winkels.

Die nuwe maatskappy sal vir drie jaar ná die goedkeuring van die transaksie sy totale aantal werknemers onveranderd laat. Geen onvrywillige skeidingspakkette sal as gevolg van die samesmelting onder werknemers in die bedingingsraad (vakbondlede) plaasvind nie en die afleggings van senior bestuurslui sal “beperk” word, sê SABMiller in ’n Sens-verklaring.

As die samesmelting goedgekeur word, sal dit ’n botellerings-reus vir koeldrank in 12 lande in Suider- en Oos-Afrika skep.

CCBA se hoofkantoor sal ook in Suid-Afrika geleë wees.

Dié voorwaardes word nou aan die Mededingingstribunaal, wat oor die samesmelting moet beslis, voorgelê. Die tribunaal se sitting oor die saak begin op 9 Mei.

As die samesmelting goedgekeur word, sal dit ’n botelleringsreus vir koeldrank in 12 lande in Suider- en Oos-Afrika skep wat nagenoeg 40% van al die Coca-Cola-produkte per volume in Afrika verkoop. Dit sal ’n jaarlikse inkomste van $2,9 miljard hê.

In die eerste fase van die samesmelting word aanlegte in Suid-Afrika, Kenia, Ethiopië, Mosambiek, Tanzanië, Uganda, Mayotte en die Comoro-eilande saamgesmelt. Botswana, Swaziland en Zambië word in die tweede fase geïntegreer.

Namibië en die gemeenskaplike mark vir Suider- en Oos-Afrika (Comesa) het die transaksie reeds onvoorwaardelik goedgekeur en Kenia en Tanzanië het ’n aantal voorwaardes gestel. Nóg lande se goedkeuring word ingewag.

Meer oor:  Sabmiler  |  Ab Inbev  |  Coca-Cola  |  Maatskappye  |  Mededinging
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.