Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Saica kyk ook na Deloitte
Eskom dagvaar Deloitte vir R207 miljoen.Foto: Reuters

Die Suid-Afrikaanse Instituut vir Geoktrooieerde Rekenmeesters (Saica) is besig met ’n ondersoek om vas te stel of enige van sy lede wat by Deloitte werk sy gedragskode oorskry het.

Saica sê in ’n verklaring dat die onlangse berigte oor beweerde ongerymdhede tussen Deloitte en Eskom hom genoop het om dié stap te neem.

Eskom het in Oktober aangekondig dat hy Deloitte Consulting vir R207 miljoen dagvaar. Dit gaan glo oor kontrakte wat volgens Eskom in 2016 nie na behore toegeken is nie. Eskom vra die hof ook dat Anoj Singh, sy voormalige finansiële hoof, en Prish Govender, senior bestuurder, die koste van dié aansoek moet dra.

Saica is reeds besig met ’n dissiplinêre verhoor teen Singh. Dit volg nadat hy reeds hangende die verhoor as lid geskors is.

Waar Saica oorspronklik net klagtes oor Singh se aktiwiteite by Eskom ondersoek het, het hy sedertdien ook ’n rits klagtes bygevoeg oor sy optrede toe hy nog by Transnet gewerk het.

Singh het nie by die verhoor opgedaag wat in November begin het nie. Hy het homself daarvan gedistansieer. Sy verhoor sal later in Januarie hervat word.

LEES OOK: Dís Saica se probleem met Anoj Singh, Transnet

Amabhungane het sedertdien twee berigte geplaas waarin hy breedvoerig verduidelik hóé Deloitte kontrakte by Eskom bekom het.

Saica sê in die verklaring dat sou hy bevind enige van sy lede wat by Deloitte werk, het sy gedragskode oortree, sal hy net soos in ander gevalle die nodige stappe teen hulle doen.

Meer oor:  Deloitte  |  Transnet  |  Saica  |  Eskom  |  Anoj Singh
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.