Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Saica skop VBS-baas uit
VBS Mutual Bank is op 13 November gelikwideer.

Tshifhiwa Matodzi, voormalige voorsitter van VBS Mutual Bank, is nié meer ’n geoktrooieerde rekenmeester nie.

Dit kom nadat die Suid-Afrikaanse Instituut vir Geoktrooieerde Rekenmeesters (Saica) Woensdag sy lidmaatskap beëindig het.

Saica het Matodzi se tugverhoor Dinsdag afgehandel.

Hy en sy kollega Andile Ramavhunga, voormalige uitvoerende hoof, is in adv. Terry Motau se forensiese ondersoek na VBS by bedrog en wanbestuur betrek.

Minstens R1,8 miljard het glo uit die bank verdwyn.

Matodzi is verhoor ingevolge Saica se regulasie 30.2, wat bepaal dat ouditeure se Saica-lidmaatskap beëindig moet word indien hulle gesekwestreer word.

Matodzi is reeds gesekwestreer terwyl Ramavhunga voorlopig gesekwestreer is. Dis deur die kurator van VBS gedoen ten einde hul bates te bevries.

Die opskorting van die lidmaatskap geld tien jaar.

Ramavhunga se tugverhoor sal eers in April plaasvind.

Hy wil eers sy voorlopige sekwestrasie in die konstitusionele hof betwis.

Sy regsverteenwoordiger het Saica reeds in Desember gevra om sy tugverhoor uit te stel tot ná die saak voor die konstitusionele hof verskyn het.

VBS Mutual Bank is op 13 November gelikwideer.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.