SWART-VRYDAG-AANBOD! Betaal slegs R9,99 vir die eerste twee maande as jy nou ’n intekenaar word. Spring gou!
Maatskappye
Saica verhoor 2 van VBS Mutual Bank

Andile Ramavhunga, voormalige uitvoerende hoof van VBS Mutual Bank, en Tshifhiwa Matodzi, voormalige voorsitter van die direksie, word Vrydag dissiplinêr verhoor deur die Suid-Afrikaanse Instituut vir Geoktrooieerde Rekenmeesters (Saica).

Andile Ramavhunga, VBS Mutual Bank se uitvoerende hoof.

Die twee word by bedrog en wanbestuur betrek in adv. Terry Motau se forensiese ondersoek oor die bank, wat in duie gestort het. R1,8 miljard is glo by die bank weg.

Volgens ’n verklaring van Saica mag inligting oor so ’n verhoor openbaar gemaak word as die liggaam reken dis in die openbare belang.

Die verhoor, in Sandton, is oop vir die publiek, maar nie die dokumente waarop die verhoor gegrond word nie.

Die twee is albei Saica-lede.

Motau se verslag voer aan Matodzi het R326 miljoen in sy eie sak gesteek. Hy het ’n luukse lewe gelei wat skivakansies in Alaska ingesluit het.

Ramavhunga het glo R,15 miljoen aan die Jacob Zuma-stigting betaal wat vermoedelik omkoopgeld was om te verseker die Passasierspooragentskap belê R1 miljard by die bank, wat nooit gebeur het nie.

Die twee word verhoor ingevolge Saica se regulasie 30.2, wat daaroor handel dat ouditeure se Saica-lidmaatskap beëindig moet word wanneer hulle gesekwestreer word.

Albei die twee is onlangs in die hooggeregshof voorlopig gesekwestreer. Dis deur die kurator van VBS gedoen ten einde hul bates te bevries.

Ingevolge Saica se regulasies moet partye wel die kans gegee word om hul kant van die saak te stel en te sê of daar uitsonderlike redes is waarom hul lidmaatskap nié beëindig moet word nie.

Die opskorting van lidmaatskap geld tien jaar lank.

Meer oor:  Saica  |  Vbs Mutual Bank  |  Andile Ramavhunga  |  Tshifhiwa Matodzi  |  Banke  |  Bankbedryf  |  Ouditeurs
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.