Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Saica verhoor Singh eers weer in 2020
Anoj SinghFoto: Argief

Die Suid-Afrikaanse Instituut vir Geoktrooieerde Rekenmeesters (Saica) se tugverhoor van Anoj Singh sal eers in Januarie hervat word.

Singh was voorheen finansiële hoof van Eskom én Transnet.

Die verhoor het verlede Woensdag begin en tot Vrydag geduur. Op dié drie dae is daar op Singh se rol by die omstrede aankoop van 1 064 lokomotiewe vir Transnet gefokus.

Daar word beweer dat daar bedrog en wanadministrasie met dié kontrakte was.

Singh, wat skuld ontken op al 18 klagte van wangedrag by Transnet én Eskom, het nie die verhoor wat in Sandton, Johannesburg, gehou is, bygewoon nie.

Francis Callard, ’n oudbestuurder by Transnet, het getuienis gelewer oor hoe hy glo daar was ’n “spesifieke en doelbewuste proses” om die pryse van die lokomotiewe kunsmatig op te stoot.

Callard het voorheen ook voor die Zondo-kommissie van ondersoek na staatskaping oor dieselfde projek getuig.

Fin24

Meer oor:  Transnet  |  Saica  |  Eskom  |  Anoj Singh  |  Lokomotiewe
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.