Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Sakeman Richard Maponya sterf
Richard MaponyaFoto: Daily Sun

Richard Maponya, die sakeman wat die Maponya-winkelsentrum in Soweto gebou het, is dood.

Sy familie sê in ’n verklaring die 99-jarige Maponya is vroeg Maandagoggend dood.

Maponya, wat oorspronklik as onderwyser opgelei is, het sy sakeryk in die 1950’s begin toe hy saam met sy vrou, Marina, Dube Hygienic Dairy geskep het.

Dié maatskappy het seuns in diens geneem wat melk met fietse in Soweto afgelewer het.

Dit is juis dié diens, het hy voorheen in ’n onderhoud met Forbes Africa gesê, wat die begin was van wat later ’n enorme kleinhandelsakeryk sou word.

Maponya het die grond waarop die Maponya-winkelsentrum gebou is eers in 1979 met behulp van ’n huurkontrak van 100 jaar bekom. Hy het die grond in 1994 gekoop. Die winkelsentrum met meer as 200 winkels het in September 2007 sy deure vir die eerste keer oopgemaak.

Dit het R650 miljoen gekos om te bou.

Mail & Guardian het voorheen berig dat Maponya in die 1960’s een van die stigterslede was van die Nasionale Afrika Federale Kamer van Koophandel en Nywerheid (Nafcoc).

Hy was ook die eienaar van die eerste BMW-handelaar in Soweto in die 1980’s wat 100% in swart besit was.

Maponya was ook baie lief vir renperde en was die eerste swart man wat sy eie kleure gekry het waaronder sy perde meeding. Sy keuse van die tóé verbode ANC se groen, swart en goud, het glo ’n groot opskudding veroorsaak.

Maponya het aan Mail & Guardian gesê dat “ek het gedink daar is iets verkeerds dat swart mense net op perde kon wed, maar nie renperde kon besit nie.

“Dit is hoe ek by perdewedrenne betrokke geraak het.”

Maponya het Suid-Afrika se derde grootste renperdeienaar geword.

Pres. Cyril Ramaphosa sê in ‘n verklaring Suid-Afrika het ‘n “pionier, ‘n baanbreker en ‘n buitengewone man verloor wat die weg gebaan het vir transformasie van die Suid-Afrikaanse ekonomie.

“Die lewe van dr. Maponya is 'n bewys van veerkragtigheid, vasberadenheid en die visie om swart ondernemings te laat groei om hul rol as ‘n belangrike deelnemer en drywer van ons ekonomie te aanvaar.

“Hy was van daardie seldsame geslag van entrepreneurs wat nie deur moeilike bedryfsomstandighede terughou of moedeloos word nie. Om die waarheid te sê, as daar struikelblokke in sy pad geplaas is, het dit hom nog verder gedryf om te slaag,” sê Ramaphosa.

Herman Mashaba, oudburgemeester van Johannesburg, beskryf Maponya as “ ‘n inspirerende sakeman wat ‘n voorbeeld vir ons almal gestel het oor die waarde van harde werk.”

Cas Coovadia, uitvoerende hoof van Business Unity South Africa (Busa), sê in ‘n verklaring Maponya se afsterwe is ‘n “hartseer oomblik vir Suid-Afrika se sakegemeenskap en vir die land.

“Dr Maponya het homself onderskei as 'n suksesvolle sakeman in 'n tyd toe dit uiters moeilik was vir swart mense om 'n onderneming te begin  om nie eers te praat van uitblink in die sakewêreld nie,” sê Coovadia


Meer oor:  Richard Maponya
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.