Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Sakeredders optimisties oor Comair

Comair is nie “feitelik” insolvent nie, maar wel “kommersieel” insolvent, het die sakereddingspraktisyns van die lugdiensgroep Dinsdag verduidelik.

Comair is nie tegnies bankrot nie, het sy sakeredders gesê.

Die sakeredders van Comair, wat Kulula en British Airways plaaslik bedryf, het Dinsdag hul eerste vergaderings met krediteure en werknemers gehad sedert Comair op 5 Mei om sakeredding aansoek gedoen het.

Die sakeredders is optimisties dat Comair se sakeredding sal slaag.

Comair het nog R7,42 miljard se bates op sy balansstaat teenoor laste van R5,48 miljard, so hy is nie tegnies bankrot nie. Maar hy is finansieel in die moeilikheid omdat daar nie genoeg kontant is om voortdurende koste en verpligtinge te dek nie, en weens al sy vlugte wat vir ’n onbepaalde tyd gestaak is kan hy nie enige inkomste genereer nie, het Shaun Collyer, een van die sakereddingspraktisyns wat aangestel is, gesê.

Richard Ferguson, die ander sakeredder, het op die vergaderings met krediteure en werknemers verduidelik hulle sal nou ’n sakereddingsplan opstel en sal krediteure, aandeelhouers, geregistreerde vakbonde en werknemers raadpleeg.

Die mikpunt is om die plan teen 9 Junie te publiseer en om teen 24 Junie ’n stemming oor die finale plan te hou.

Volgens Collyer glo hulle daar is ’n redelike vooruitsig dat Comair deur die sakereddingsproses gered kan word omdat:

  • Sy bates sy laste oorskry;
  • Hy ’n kritieke infrastruktuurbate vir Suid-Afrika is;
  • Hy mededingend goed geplaas is en ’n markaandeel van 39% in die binnelandse reismark gehad het; en
  • Hy heelwat klandisiewaarde en ’n goeie reputasie in die reisbedryf en onder die publiek en passasiers het.

Die sukses van Comair se sakeredding sal afhang van die steun van alle belanghebbers, het Collyer beklemtoon.

Meer oor:  Kulula  |  Comair  |  Shaun Collyer  |  Richard Ferguson  |  Inperking  |  Covid-19  |  Staat Van Inperking  |  Lugdienste  |  Koronavirus  |  Sakeredding  |  Vlak 3  |  Vlak 4
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.