Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Sakeredders: R3,8 mjd. nou nodig vir SAL

Daar is R3,8 miljard nodig om die Suid-Afrikaanse Lugdiens (SAL) se redding aan die gang te hou.

Les Matuson en Siviwe Dongwana, die sakeredders wat by die SAL aangestel is, sê in ’n e-pos in antwoord op van Netwerk24 se vrae, dat dit die bedrag is wat dringend nodig is.

Dit is hoe die geld bestee gaan word:

  • R800 miljoen om krediteure te betaal.
  • R2 miljard om vrywillige skeidings- en afleggingspakkette te betaal; en
  • R1 miljard om bedrywighede weer aan die gang te kry.

In dié stadium blyk dit dat daar nog geen teken van enige geld vanaf die regering vir die SAL-redding is nie.

Die regering het in Julie die sakeredders skriftelik in kennis gestel dat hy die geld sal vind om die reddingsproses moontlik te maak.

Dit beteken dat die tesourie iewers sowat R10,1 miljard moet vind.

LEES OOK: Staat bevestig: Hy gáán geld gee vir SAL

Bloomberg berig dat teen Woensdag, het die tesourie nog geen sukses gehad om sowat R5,3 miljard by die land se banke te leen nie.

Die SAL het nou R3,8 miljard nodig om weer op dreef te kom. Foto: Bloomberg

Alf Lees, DA LP, het in ’n verklaring dié week ’n beroep op banke gedoen om nie die geld aan die SAL te leen nie.

“Dit is eenvoudig belaglik vir die regering om met die hoed in die hand te gaan smeek vir ’n nuwe lening by dieselfde banke vir wie hy geld skuld.

“Die desperaatheid om die SAL te red, bevestig dat die sakereddingsproses ’n politieke projek geword het om binnegevegte binne die ANC te kalmeer,” sê hy.

“Banke kry nou die geleentheid om te vergoed vir hul vorige roekelose praktyke van herhaalde lenings aan die SAL toe dit duidelik was dat die onderneming bankrot geraak het.

“Etiese sakepraktyke vereis dat banke streng moet optree ??en weier om ’n onderneming wat in nege jaar geen wins gemaak het nie, maar R32 miljard se verliese gely het, te herfinansier,” dring Lees aan.

Wat gebeur nou?

Op die vraag oor wat die sakeredders doen as die tesourie nog geen geld vir die redding gegee het nie, het die sakeredders aan Netwerk24 bevestig dat onderhandelinge oor die skeidingspakkette luidens art. 189 van die Wet op Arbeidsverhoudinge voortgegaan het.

Die sakeredders het sedert daar aan al die voorwaardes van die reddingsplan voldoen is, alle administratiewe take afgehandel.

Hulle het ook die SAL se balansstaat “skoongemaak”. Dit sal hulle in staat stel “om die onderneming weer aan die uitvoerende hoofde en die direksie van die SAL te oorhandig sodra die eerste deel van die geld vanaf die departement van openbare ondernemings ontvang is.

“Die sakeredders kan nie die sake oordra voordat daar nie ’n mate van solvensie in die SAL is nie,” lui die antwoord.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.