Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Sakeredders: SAL het nóú R10 mjd. nodig
Daar is nog geen teken van geld vir die SAL nie. Foto: Bloomberg

Die staat moet binne die volgende week die R10,3 miljard kry om die Suid-Afrikaanse Lugdiens (SAL) te red, of daar is ’n kans dat die lugdiens nie gered sal kan word nie.

Les Matuson en Siviwe Dongwana, die sakeredders wat by die SAL aangestel is, sê in ’n verklaring hulle het nog geen geld van die staat gekry nie.

As hulle nie die geld teen volgende week kry nie, twyfel hulle of die reddingsplan deurgevoer kan word, sê hulle in ’n verklaring wat Donderdag uitgereik is.

Louise Brugman, woordvoerder van die sakeredders, het aan Netwerk24 bevestig dat daar nog geen geld beskikbaar gemaak is nie.

Luidens die sakereddingsplan het die SAL sowat R10,3 miljard nodig om weer in bedryf te kan kom.

R2,2 miljard hiervan is nodig om skeidingspakkette te betaal.

Brugman sê ook daarvoor is nog geen geld beskikbaar nie ondanks die plan om onderhandelinge hieroor teen 16 September af te handel.

Die sakeredders sê hulle sal op 17 September weer belanghebbendes op hoogte bring van sake.

Die departement van openbare ondernemings het onlangs gesê hy praat met verskeie moontlike private beleggers en finansiers wat belang stel om in die “nuwe” SAL te belê.

LEES OOK: 10 stel belang om in ‘nuwe’ SAL te belê

Die sakeredders sê as hulle nie die geld teen volgende week kry nie, dan sal hulle op 18 September met belanghebbendes vergader oor die pad vorentoe.

Intussen het hulle reeds ooreenkomste gesluit om die huurkontrak van 33 van die lugdiens se 40 gehuurde vliegtuie te kanselleer.

Die sakeredders sê hulle hoop om die oorblywende kontrakte teen einde September te beëindig. Hulle sê as hulle nie ’n ooreenkoms kan bereik oor die huurkontrakte nie, sal hulle regstappe moet doen om dit te kanselleer.

Die departement van openbare ondernemings sê in reaksie op die sakeredders se verklaring, dat hy “binnekort” ’n aankondiging sal maak oor die “bronne vir geld” vir die lugdiens.

Die departement sê verder hy verwelkom die sakeredders se besluit om belanghebbendes in te lig oor die stand van sake.

“Die departement bly vol vertroue dat ’n oplossing betyds gevind sal word om die likwidasie van die SAL te vermy,” lui ’n verklaring wat Donderdagmiddag uitgereik is.

* Die artikel is sedert publikasie verander om die nuutste inligting weer te gee.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.