Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Sakeredding by Evraz duur voort
Een van die walserye by Evraz Highveld Steel toe hy nog in bedryf was. Foto: Argief

Voormalige werknemers van Evraz Highveld Steel is nog net 13%, oftewel R34,98 miljoen, betaal van die totale bedrag aan hulle verskuldig.

Die sakeredder, Matuson Associates, sê Dinsdag in ’n verklaring hy is steeds besig met die proses en onderhandel steeds met verskeie kopers oor sommige van die maatskappy se bates.

Hy sê die plan is egter steeds om die maatskappy te sluit.

Ongeveer 200 van die 1 753 werknemers wat hul werk verloor het toe die Evraz-aanleg, Highveld Structural Mill (HSM) in Witbank, Mpumalanga, in 2016 gesluit is, kan egter wéér werk kry nadat ArcelorMittal Suid-Afrika in Desember ’n tweejaar-ooreenkoms met die aanleg gesluit het om swaar strukturele staal te vervaardig.

Die Witbank-aanleg is die enigste in Afrika wat dié soort staal kan vervaardig.

Marius Croucamp, adjunkhoofsekretaris van die vakbond Solidariteit, sê daar was voorheen net ongeveer 200 werkers wat by die struktuurwalsery gewerk het.

“Dit sal egter steeds baie gesinne in die gemeenskap help as werknemers weer daar kan begin werk.”

Croucamp sê hoewel die vakbond in ’n stadium ongeveer 400 gesinne daagliks met maaltye gehelp het, hy dit nie meer doen nie.

“Daar is gemeenskapstrukture wat nog gesinne help.”

Die walsery begin weer amptelik op 6 Junie met bedrywighede.

Nog voorstelle

Nog ’n voorstel oor wat om met die ou aanleg te doen en weer lewe in die plaaslike ekonomie te blaas, is om die aanleg in ’n nywerheidspark te omskep.

Matuson Associates het voorheen gedetailleerde planne bekend gemaak oor hoe dié doelwit bereik kan word.

“Highveld is ’n unieke bate. Ons glo daar is die geleentheid vir ’n volhoubare bate om ’n annuïteitsinkomste met lae risiko te kan verdien, wat aansienlik hoër as die skrootwaarde van die bates is,” lui ’n voorlegging deur Matuson.

“Die Highveld-nywerheidspark kan nuwe primêre pakhuis- en kantoorruimte in Witbank word.

“Die plan is om Highveld van ’n ten volle geïntegreerde staalvervaardiger in ’n multigebruik-nywerheidspark te omskep wat ’n volhoubare inkomste kan verdien.

“Die inkomste kan dan gebruik word om die bedryfskoste te dek, sowel as om historiese skuld te delg,” word verder in die voorlegging gesê.

Meer oor:  Arcelormittal Sa  |  Amsa  |  Marius Croucamp  |  Staalbedryf  |  Staal
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.