Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Sakeredding: Gordyn begin vir Ster Kinekor lig

’n Sprankie optimisme is in die jongste nuus van die fliekteatergroep Ster Kinekor se sakeredders te bespeur.

Empty cinema
Ster Kinekor se rolprentteaters was vir die hele Julie gesluit, maar sal in Augustus weer oop wees om fliekgangers te ontvang, met streng Covid-19 reëls in plek.

Net voordat die land teen einde Junie na vlak 4 van die Covid-19-inperkings teruggeskuif is, het Ster Kinekor ’n sterk toename in fliekgangergetalle opgemerk, veral danksy ’n sterk aanbod van nuwe flieks.

Dit blyk uit die jongste kommunikasie van Stefan Smyth, sakereddingspraktisyn by Ster Kinekor.

“Van ons inisiatiewe is effens vertraag weens vlak 4, wat verhoed het dat enige fliekteaters in die hele Julie sake kon doen, maar ons is bly dat die teaters nou weer in Augustus kan oopmaak,” het Smyth in ’n opdatering aan belanghebbers laat weet.

Ster Kinekor het tot einde September uitstel vir die publikasie van sy sakereddingsplan gekry ná gesprekke met belanghebbers.

“Ons het goeie vordering met gesprekke en onderhandelinge gemaak en is dankbaar teenoor vennote en verskaffers vir hul proaktiewe betrokkenheid en steun,” sê Smyth.

Daar is gevorder met onderhandelinge met winkelsentrums waar Ster Kinekor teaterruimte huur en die vooruitsigte vir die volgende drie boekjare is hersien. ’n Aantal inisiatiewe is ingestel om kontant te spaar en sekere duur kontrakte is heronderhandel.

Ster Kinekor het egter voor vlak 4 effens beter as verwag presteer en dit het gehelp om die impak van die maand lange sluiting in Julie deels te versag. Smyth glo die groep is steeds op koers vir herstel, veral danksy nuwe flieks. Hy verwag bywoningsyfers sal teen die einde van die groep se lopende boekjaar herstel, gesteun deur vordering met die Covid-19 inentingsveldtog.

Smyth verwag dat daar oor die komende maande genoeg likiditeit in die onderneming sal wees sodat die sakereddingspan hul reddingsplan kan formuleer en binne die verlengde tydraamwerk instel.

Vrydag het 33 Ster Kinekor-teaters weer oopgemaak, nadat 19 teaters reeds Dinsdag heropen het, sê Motheo Matsau, uitvoerende hoof van Ster Kinekor.

Meer oor:  Ster Kinekor  |  Rolprente  |  Vlak 4-Inperking  |  Sakeredding  |  Fliekteaters  |  Vermaak
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.