Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
SAL-aflêpakkette: R2,2 mjd. begroot en basta

Daar is nie meer as R2,2 miljard begroot vir skeidingspakkette aan werknemers van die Suid-Afrikaanse Lugdiens (SAL) nie en vakbonde moenie probeer onderhandel vir meer nie.

So het die departement van openbare ondernemings Maandag gesê in ’n verklaring waarin hy bekend gemaak het wat die pakkette sal behels. Daar word begroot dat minstens 1 000 mense afgelê sal word met ’n pakket wat behels betaling vir ’n kennisgewingmaand, een week vir elke jaar van voltooide diens, opgehoopte verlof, asook ’n 13de tjek.

Daar is ook ooreengekom dat skeidingspakkette bereken word op ’n terugwerkende salarisverhoging van 5,9% waarop in November ooreengekom is.

Vantevore is berig dat tot 3 700 van die 4 700 werknemers ingevolge die sakereddingsplan afgelê sal word.

Alle belanghebbendes, veral werknemers, sal aan die kortste ent trek indien die SAL gelikwideer word.

“Die departement is nie in die posisie om toe te gee aan enige verdere eise van enige vakbond vir bykomende voordele nie.

“Dit is aan al die vakbonde duidelik gemaak dat die R2,2 miljard wat vir skeidingspakkette begroot is, die beste is wat beskikbaar gestel kan word terwyl die regering deur groot finansiële probleme in die gesig gestaar word weens die huidige finansiële krisis,” lui die verklaring van die departement.

“Alle belanghebbendes, veral werknemers, sal aan die kortste ent trek indien die SAL gelikwideer word.”

Sprake van likwidasie het verlede week kop uitgesteek toe twee vakbonde gedreig het met ’n regsgeding teen die moontlike likwidasie van SAL nadat die regering aangedui het hy gaan nie verdere finansiering aan die sukkelende lugdiens verskaf nie.

Dit het sommige, waaronder die DA, tot die gevolgtrekking laat kom dat die tesourie die SAL wil sluit. Die departement het egter Maandag gesê daar moet nou gefokus word op die “maatskaplike plan” wat veronderstel is om werknemers wat afgelê word, toe te rus met opleiding en geleenthede om elders werk te kry.

“Die ontwikkelingsplan wat gefinaliseer word, is daarop gemik om werknemers wat afgelê is te bemagtig en hulle met nuwe vaardighede toe te rus wat hulle die beste geleentheid bied om weer in die lugvaartbedryf in diens geneem te kan word,” lui die departement se verklaring.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.