SWART-VRYDAG-AANBOD! Betaal slegs R9,99 vir die eerste twee maande as jy nou ’n intekenaar word. Spring gou!
Maatskappye
Sal Astral-beleggers Theuns Eloff só wil vergoed?
Dr. Theuns Eloff, voorsitter van Astral se direksie.

’n Nuwe verlaagde vergoeding van R951 000 per jaar vir dr. Theuns Eloff, voorsitter van die hoenderreus Astral, word op 14 Junie op ’n spesiale vergadering aan aandeelhouers voorgelê nadat hulle reeds twee maal teen Eloff se besoldiging gestem het.

Astral het in ’n kennisgewing gesê dit is belangrik om ’n voorsitter van die “nodige kaliber” te vergoed en te behou. Dié keer het hulle egter ’n duidelike uiteensetting gegee van hoe die voorsitter se salaris saamgestel word.

Diederik Fouché, ’n onafhanklike nie-uitvoerende direkteur van Astral, sê buitelandse beleggers was vermoedelik voorheen verward oor of die vergoeding ’n allesinsluitende bedrag is.

Eloff se vergoeding word soos volg saamgestel:

  • Jaarlikse vergoeding vir nie-uitvoerende lidmaatskap van die direksie: R315 000;
  • Jaarlikse vergoeding vir nie-uitvoerende lidmaatskap van die mensehulpbronne-, vergoeding- en benoemingskomitee: R96 000;
  • Jaarlikse vergoeding vir nie-uitvoerende lidmaatskap van die maatskaplike en etiese komitee: R90 000; en
  • Bykomende vergoeding vir pligte as onafhanklike nie-uitvoerende voorsitter: R450 000, wat bestaan uit R133 000 vir bywoning van die oudit- en risikobestuurskomiteevergaderings en R317 000 vir pligte en verantwoordelikhede as voorsitter van die direksie.

JSE-reëls bepaal dat ’n genoteerde maatskappy se direksie ’n voorsitter moet hê.

Minstens 75% van aandeelhouers moet ten gunste van die resolusie stem, anders sal die pos van voorsitter neergelê moet word.

Net 73% van beleggers het op 8 Februarie op Astral se algemene jaarvergadering vir Eloff se vergoeding gestem. Die voorgestelde bedrag was indertyd “tussen die mediaan en boonste kwartiel van die markdata vir geld wat aan nie-uitvoerende direkteure van ander genoteerde maatskappye van dieselfde grootte in Suid-Afrika betaal word”, volgens ’n omsendbrief van Astral.

Die vergoeding is verlaag tot R1,1 miljoen, wat dit laasjaar was. Op 19 April het net 53,1% van beleggers wat hul stemreg uitgeoefen het, ten gunste daarvan gestem. Net 48,45% van beleggers het hul stemreg uitgeoefen.

Ben Pienaar van Proxy View, wat aandeelhouers aanmoedig om maatskappye meer aktief verantwoordbaar te hou, glo dit is die eerste keer in Suid-Afrika dat aandeelhouers teen die voorsitter se vergoeding stem.

Meer oor:  Astral  |  Theuns Eloff  |  Direksie  |  Voorsitter  |  Hoenderbedryf
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.