SPESIALE VAKANSIE-AANBOD: Teken in teen net R49 vir jou eerste maand! Word 'n intekenaar
Maatskappye
SAL bevestig: Salarisse gaan laat wees
Een van die SAL se vliegtuie op die Kaapstad-lughawe. Foto: Reuters

Die Suid-Afrikaanse Lugdiens (SAL) het bevestig dat hy werknemers ingelig het dat hy nie salarisse soos geskeduleer aan die einde van November gaan kan betaal nie.

Fin24 het voorheen berig  dat Pravin Gordhan, minister van openbare ondernemings, gesê het die SAL sal moontlik nie genoeg geld hê om dié maand salarisse te betaal nie.

’n Skermgreep van wat soos ’n interne brief aan werknemers lyk, waarin hulle ingelig word dat salarisse laat betaal gaan word, het Donderdagmiddag Twitter aan die gons gehad.

Tlali Tlali, woordvoerder van die SAL, het aan Fin24 bevestig dat die lugdiens werknemers ingelig het dat salarisse nie soos geskeduleer betaal gaan word nie.

“Die maatskappy het nog nie R2 miljard bekom as bedryfskapitaal nie. Dié geld is ook om salarisse mee te betaal,” het hy in ’n WhatsApp-boodskap aan Fin24 bevestig.

Die SAL is tans onder druk met lede van die metaalwerkersvakbond, Numsa, en die Suid-Afrikaanse Kajuitpersoneelvereniging (Sacca) wat sedert Vrydag by die lugdiens staak. Hulle hou voet by stuk dat salarisse met 8% verhoog moet word.

Die SAL bied ’n verhoging van 5,9% aan.

Thandeka Mgoduso, waarnemende voorsitter van die SAL se direksie, het Woensdag gesê die lugdiens kan nie nou dié verhoging bekostig nie.

Indien vakbonde dit aanvaar, sal dié verhoging eers in Maart 2020 betaal word.

Gordhan het Donderdag ná ’n parlementêre sessie vir joernaliste gesê dat stakende werkers na hul werk moet terugkeer.

Heidi Goikos, ’n verslaggewer van eNCA, het vroegaand op Twitter gesê dat vakbonde en die SAL steeds besig is om oor lone te onderhandel.


Meer oor:  Sal  |  Suid-Afrikaanse Lugdiens  |  Staking
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.