SPESIALE VAKANSIE-AANBOD: Teken in teen net R49 vir jou eerste maand! Word 'n intekenaar
Maatskappye
SAL: Dít is wat lesers dink
Die Suid-Afrikaanse Lugdiens spartel tans om behoorlik diens te lewer omdat sowat ’n vyfde van sy arbeidsmag tans staak.Foto: Bloomberg

Dit is nie ’n kwessie van die Suid-Afrikaanse Lugdiens (SAL) wat nie ’n loonverhoging kan bekostig nie, dit gaan daaroor dat Suid-Afrika nie die SAL kan bekostig nie.

Dit was ene MG se kommentaar oor die verwikkelinge by die SAL Dinsdag op Netwerk24.

Lesers het behoorlik hul sê gesê nadat Thandeka Mgoduso, waarnemende voorsitter van die SAL se direksie, en Zuks Ramasia, waarnemende uitvoerende hoof, gesê het die lugdiens het nie eens die geld om ’n verhoging van 5,9% vir hul werknemers te bekostig nie, wat nog van die 8% wat die vakbonde eis.

Die metaalwerkersvakbond Numsa en die Suid-Afrikaanse Kajuitpersoneelvereniging (Sacca) staak sedert Vrydag by die lugdiens.

LEES OOK: SAL: ‘Ons kan régtig nie 8% bekostig’

Die leser Rooi Jan meen dat “hoe langer hierdie staking duur hoe duideliker gaan dit word dat die 2 000 stakers eintlik nie noodsaaklik is nie.

“Dan kan die SAL hulle uitsluit. As van die 900 wat hulle wou afbetaal wel werk, trek daardie afdankings terug en vervang dit met name uit die 2 000.”

Hy verwys hier na die SAL wat aangekondig het dat hy 900 werkers uit diens gaan moet stel as deel van sy beplande herstrukturering.

Verskeie lesers stem saam met hom.

J. van den Berg meen “dié 2 000 het pas bevestig dat die SAL sonder hulle kan klaarkom. Dank hulle summier af en klap sodoende twee vlieë met een klap dood.”

Joa Viljoen meen weer die lugdiens het self die gat gegrawe waarin hy hom nou bevind.

“Ek was verbaas om die vlieëniers se 5,9%-verhoging te sien. Hoe kan die SAL nou verbaas wees oor die ander vakbonde se aandrang op ’n verhoging van 8%?

“Verstaan hulle nie eens die mees elementêre (aspek) van die menslike natuur nie?” skryf Viljoen.

“Wat hulle moes doen, is om salarisse bo ’n sekere kerf met x% te sny. Dan kon hulle met ’n ‘straight face’ na die vakbonde toe gaan en hulle sê om te gaan doppies blaas.

“Die basiese onbeholpenheid is ongelooflik. Die SAL is natuurlik ook gewoond daaraan dat die belastingbetaler eintlik vir hulle werk. Lyk my dis nou klaar.”

Fin24 het onlangs berig dat Numsa en Sacca beweer dat vlieëniers wel dié verhoging gekry het.

’n Paar lesers sê dit is duidelik dat dit nou tyd is om die SAL toe te maak.

“Sluit die SAL. Dis net ’n soustrein vir die kaders. Daar is baie ander lugdienste wat weet hoe om dit te doen en beter,” skryf Gerrit Boonstra.

Hennie Pennie som die drama as volg op: “Hierdie pasiënt is lankal dood. Die EKG-lyn is reguit, bel die ondernemer!”

Meer oor:  Sal  |  Suid-Afrikaanse Lugdiens  |  Lugdiens  |  Staking
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.