Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
SAL doen sy deel om virus te keer

Die Suid-Afrikaanse Lugdiens (SAL) en sy laekostefiliaal Mango het hul passasiers verseker hulle ontsmet hul vliegtuie om die verspreiding van die virussiekte Covid-19 te voorkom.

Een van die SAL se vliegtuie staan op die aanloopbaan in Kaapstad. Foto: Bloomberg

Passasiers wat nies of hoes, sal dadelik gesigmaskers kry.

Die lugdienste pas die bedryfsgesondheid- en veiligheidsprosedures toe wat die Wêreldgesondheidsorganisasie (WGO) voorskryf om sy passasiers en bemanning teen Covid-19 te beskerm.

Die SAL het Donderdag gesê hy gebruik ontsmettingsmiddels wat deur die Amerikaanse omgewingsbeskermingsagentskap goedgekeur is om sy vliegtuie skoon te maak.

Die protokols om sy vliegtuie skoon te maak is verskerp en fokus op plekke waaraan mense dikwels vat, soos handvatsels, sitplekgordels, armleunings en die opvoubare skinkborde aan die agterkant van elke sitplek.

Harde oppervlakke soos toilette, vensterskerms en die toonbanke in die kajuitkombuise word deeglik met veeldoelige skoonmaakmiddels skoongemaak, lui ’n verklaring van die SAL.

Volgens die SAL het sy Airbus-vliegtuie moderne lugfilters wat die lug suiwer van stof, bakterie, allergene en enige ander onhigiëniese deeltjies.

Die vlugbemanning en kajuitpersoneel van die SAL is opgelei om situasies soos oordraagbare siektes en ander mediese noodgevalle aan boord te hanteer, en hulle werk nou saam met mediese kundiges.

Al die lugdiens se vliegtuie is toegerus met toerusting wat gebruik word in die geval van ’n besmettingsvoorval.

Passasiers is welkom om hul eie handreiniger en antibakteriese sneesdoekies op vlugte saam te neem, sê die SAL.

Kajuitpersoneel gebruik handskoene wanneer hulle kos hanteer.

Passasiers wat aan boord hoes of nies, sal ’n chirurgiese masker van die kajuitpersoneel ontvang om die verspreiding van mikro-organismes te keer, lui die verklaring.

Mango, wat Boeing-vliegtuie gebruik, sê sy vliegtuie word volgens Boeing se streng spesifikasies skoongemaak en is toegerus met lugfilters wat die lug in die kajuit van 'n vliegtuig filtreer om enige stofdeeltjies te verwyder. Dit is dieselfde soort lugsuiweraars wat in hospitale gebruik word.

Meer oor:  Mango  |  Sal  |  Suid-Afrikaanse Lugdiens  |  Koronavirus  |  Lugdienste
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.