Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
SAL én Mango: Van ons vliegtuie vlieg óók nie

Die Suid-Afrikaanse Lugdiens (SAL) en Mango waarsku dat ook sekere van hul vliegtuie dalk Dinsdag nie sal kan opstyg nie.

Dit volg nadat Comair vroegoggend gewaarsku het vlugte van British Airways en Kulula kan vertraag wees weens probleme met instandhouding.

LEES OOK: Comair waarsku: Ons vlugte kan laat wees!

Die SAL sê net soos Comair dat probleme by SAL Tegnies die rede is hoekom van sy vliegtuie moontlik nie sal kan opstyg nie.

Die Suid-Afrikaanse Lugdiens moes Dinsdag vier vlugte kanselleer weens probleme by SAL Tegnies.Foto: Bloomberg

Die Suid-Afrikaanse Burgerlugvaartowerheid (BLO) het ’n kennisgewing uitgereik wat verband hou met onreëlmatige bevindinge wat in ’n onlangse oudit van SAL Tegnies geïdentifiseer is.

Die SAL sê hy moes vier van sy vlugte weens dié probleme kanselleer. Die passasiers sal nou na ander vlugte geskuif word.

Die vlugte wat geraak word is SA313 van Johannesburg na Kaapstad, SA326 van Kaapstad na Johannesburg, SA543 van Johannesburg na Durban en SA550 van Durban na Johannesburg.

Die SAL sê hy verstaan dat die BLO volgens regulasies opgetree het en dat dit nodig was om die veiligheid van passasiers te verseker.

Mango sê in 'n verklaring van sy vliegtuie kan ook moontlik beïnvloed word. 

Hy sê egter hy is "vol vertroue dat hy vliegtuie sal hê wat veilig is en gereed sal wees om vandag te kan vlieg".

Mango sê hy sal passasiers per SMS inlig indien daar veranderinge aan hul vlugte is. 

Passasiers kan sosiale media volg óf Mango se inbelsentrum op 086 100 1234 kontak.

Die Lughawensmaatskappy van Suid-Afrika (Acsa) het ook bevestig dat hy die kennisgewing ontvang het. 

Hy sê in 'n verklaring hy is in gesprek met al die lugdienste wat beïnvloed word om vas te stel hoe dit lughawens moontlik kan beïnvloed. 

Hy raai passassiers aan om die lugdiens saam met wie hulle reis te kontak om vas te stel of hul vlugte beïnvloed word of nie.

Meer oor:  Mango  |  Sal Tegnies  |  Sal  |  Suid-Afrikaanse Lugdiens  |  Vliegtuie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.