SPESIALE VAKANSIE-AANBOD: Teken in teen net R49 vir jou eerste maand! Word 'n intekenaar
Maatskappye
SAL hervat party vlugte, maar krisis ver van oor

Die Suid-Afrikaanse Lugdiens (SAL) het Sondag bevestig dat sy internasionale vlugte weer Sondagaand hervat word, al word die lugdiens steeds lamgelê deur ’n grootskaalse staking.

’n Vliegtuig van die Suid-Afrikaanse Lugdiens staan op die aanloopbaan van die Kaapstad Internasionale Lughawe. Foto: Getty Images

Die staking het daartoe gelei dat die lugdiens hul plaaslike en streekvlugte sover al tot Maandag gekanselleer het. Geen verdere nuus oor of dié opskorting sal verleng of verkort word, is al bekend nie.

Die SAL het Sondag getwiet dat internasionale vlugte na sewe bestemmings vanaf Sondagaand sal hervat en dat passasiers met hersiende reisplanne soos normaal moet aanmeld.

Die sewe bestemmings waarheen die SAL van Sondagaand af weer sal vlieg is:

  • New York;
  • Sao Paulo;
  • Hongkong;
  • Perth;
  • Londen;
  • Frankfurt; en
  • Washington D.C.

Die staking van die vakbonde Numsa en die Suid-Afrikaanse Kajuitpersoneelvereniging (Sacca) volg nadat die lugdiens ’n herstruktureringsproses aangekondig het waardeur 944 werknemers moontlik hul werk sal verloor en die lugdiens R700 miljoen kan bespaar.

Werkers het die loonverhoging van 5,9% van die SAL verwerp en op ’n 8%-verhoging aangedring.

Luidens die SAL se jongste verklaring het die lugdiens werknemers meegedeel dat hulle nie enige verhoging kan bekostig nie, maar het wel ’n 5,9%-verhoging aangebied vir wanneer geld weer beskikbaar is.

’n Bemiddelingsproses is egter Saterdag deur die Kommissie vir Versoening, Bemiddeling en Arbitrasie (KVBA) begin met vakbonde wat stakende werkers verteenwoordig.

Netwerk24 het Saterdag berig dat dié proses sover sonder voorval geskied het.

Terwyl onderhandelings voortduur, het die lugdiens kliënte daaraan herinner dat hulle tot 30 November het om finale reëlings te tref om terugbetaling vir ’n vlug te eis of ’n nuwe vlug in die plek daarvan te bespreek.

Meer oor:  Sacca  |  Suid-Afrikaanse Lugdiens (Sal)  |  Numsa  |  Sal-Staking  |  Vakbonde  |  Lugdienste  |  Stakings
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.