Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
SAL het R1,1 mjd. wat in Zim vassit

Die Suid-Afrikaanse Lugdiens (SAL) het R1,1 miljard wat nie uit Zimbabwe oorgedra kan word nie weens ’n nasionale likiditeitskrisis in die buurland.

Een van die Suid-Afrikaanse Lugdiens (SAL) se vliegtuie.

Die geld kom uit SAL se kaartjieverkope in Zimbabwe self.

Volgens Winnie Muchanyuka, streeksbestuurder van die SAL, is die sowat $85 miljoen in Zimbabwiese banke vasgevang.

Zimbabwe word deur ’n enorme likiditeitskrisis in die gesig gestaar wat gelei het tot ’n beduidende tekort aan buitelandse valuta.

Buitelandse-valutareserwes is onder meer nodig vir buitelandse maatskappye soos die SAL om hul Zimbabwiese inkomste te kan oorbetaal na hul tuisland.

Die krisis het daartoe gelei dat die Reserwebank van Zimbabwe (RBZ) ’n bevel uitgereik het wat banke dwing om buitelandse maatskappye se verdienstes na die sentrale bank te verskuif. Dié verwikkeling sal waarskynlik lei tot nog vertragings in betalings aan buitelandse maatskappye.

Intussen het die RBZ wel gewaarborg dat alle uitstaande skuld in dollar oorbetaal sal word om enige devaluasie weens die land se nuwe swakker geldeenheid teen te werke soos vertragings voortduur.

Die SAL het bevestig dat hy die RBZ se bevel sal nakom om sy Zimbabwiese verdienste na die sentrale bank te verskuif totdat genoegsame buitelandse valuta beskikbaar word om dit na Suid-Afrika oor te plaas.

“Ons wag op verdere instruksies van die reserwebank om te hoor hoe die proses vorentoe sal beweeg,” het Muchanyuka gesê.

Nóg ’n Suid-Afrikaanse maatskappy, Nampak, word deur dieselfde krisis geraak.

Nampak het al met die RBZ ooreengekom oor hoe sy R793 miljoen se verdienste uit Zimbabwe sal kom.

Die RBZ sal Nampak in kwartaallikse paaiemente oor die volgende drie jaar betaal. – Fin24

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.