Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Sal jogurt sonder suiker die ding doen?

Vetvrye jogurt is al te koop, maar eersdaags sal ’n mens ook suikervrye jogurt kan koop.

Chobani beteken 'herder' in Turks. Hamdi Ulukaya het sy maatskappy in 2005 gestig en in 2007 Griekse jogurt begin maak. Foto: Chobani

Chobani, die vervaardiger wat Amerika aan Griekse jogurt bekend gestel het, hoop om met sy suikervrye jogurt weer lewe in die tanende jogurtmark te blaas.

Die verkope van jogurt het die laaste jare begin afneem, maar toe die Covid-19-pandemie toeslaan, het Amerikaners ook soos in ander wêrelddele weer begin om tuis kos te maak. Dit het natuurlik ook gehelp met jogurt se verkope, berig Bloomberg.

Volgens Euromonitor International het jogurtverkope in 2020 in Amerika met 12% gestyg. Maar soos die pandemie se impak begin afneem het, moes vervaardigers soos Chobani weer wyer begin dink om verbruikers te lok en te behou.

Chobani het besluit om op gesondheidsbewuste verbruikers te fokus en die gedagte van suikervrye joghurt het posgevat.

Dit is veral omdat verbruikers, volgens Peter McGuinness, Chobani se uitvoerende hoof, weens die pandemie gesonder begin leef het. Dit het ook hul eetgewoontes geraak.

“Covid het gesonder eetgewoontes onder verbruikers laat ontstaan en dit lyk nie of die tendens aan die afneem is nie.”

Hulle kon dit regkry om al die natuurlike suiker wat in melk voorkom, uit hul jogurt te verwyder. Die jogurt sal bekend staan as Chobani Zero Sugar.

Volgens Bloomberg sal Amerikaners die produk in Augustus kan koop.

Chobani maak ook reeds ander jogurt met net sowat 9 g suiker.

Chobani verdien sowat $1,5 miljard per jaar en vervaardig ook produkte met probiotika, asook koffieverromers.

Die vervaardigingsproses maak gebruik van natuurlike fermentasie en probiotika om suiker uit melk te haal.

Chobani sê dit kos dieselfde om suikervrye jogurt te maak as dié met ’n lae suikerinhoud.

Volgens Euromonitor gaan dit egter nie so maklik wees om die jogurtmark te behou nie, want jogurt se verkope sal in 2021 na verwagting weer met sowat 8% daal.

Meer oor:  Gesondheid  |  Kos  |  Verbruikers  |  Innovasie  |  Jogurt
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.