Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Sal jy só vir 20 uur kan vlieg?
Een van Qantas se vliegtuie in die lug. Foto: AP

’n Plekkie om te gaan staan en water te drink – dit is weens gewigsbeperkings al wat oorbly van die Australiese lugdiens Qantas se beoogde geriewe op sy beplande vlugroete van halfpad om die wêreld.

Die lugdiens het al ’n geruime tyd sy oog op nuwe langafstandvlugte om internasionale reise winsgewender te maak te midde van stygende koste.

Die eerste langafstandroete van sy sogenoemde Project Sunrise, van Sydney tot Londen, sal 20 uur lank wees.

Dit is wel as die hele projek nie gekanselleer word nie.

Aanvanklik het Qantas, wat staatmaak op ’n goedkoper manier om sy passasiers na vergeleë bestemmings te vervoer, die marathon-roete probeer versier met geriewe wat sy passasiers vir die 20 ure sou kon paai.

Dit het ingesluit die beskikbaarheid van beddens, ’n crèche, gimnasium en ander gemaksones op die vliegtuig waar passasiers die suf gevoel van 20 ure op ’n vliegtuig kon afskud.

Maar Qantas kom nou meer en meer agter dat dié soort vlugte allerhande struikelblokke inhou.

Boeing en Airbus bie albei tans om spesiale langafstand-weergawes van hul vliegtye vir dié roetes te verskaf.

Nie een van die twee vervaardigers se nuutste modelle kan egter die gewig oor so ’n afstand dra as wat Qantas vereis het nie.

Alan Joyce, uitvoerende hoof van Qantas, sê Maandag in Seoel, Suid-Korea, hulle sal nou net ’n area vir bene strek en water drink as plaasvervanger op die vliegtuie kan inpas.

Die spesiale vliegtuie kan darem die afstand nou trotseer, maar Joyce sê ook dat vlieëniers nog nie tot die langer werksure ingestem het nie.

“Daar is ’n beduidende aantal struikelblokke om nog baas te raak, maar ek dink ons kan dit laat werk,” sê hy.

“Ons kan nog nie al die noodsaaklikhede op die vliegtuie inpas vir die roete nie, maar daar is darem al genoeg dat ek dink ons dit kommersieel lewensvatbaar kan maak.”

Qantas wil sy langafstandvlugte gebruik om roetes tussen Australië se ooskus en die VSA, Suid-Afrika en Suid-Amerika ekonomies lewensvatbaar te maak.

Boeing en Airbus sal die ontwerpe en spesifikasies van hul finale weergawes van onderskeidelik die 777X en die A350 teen einde Augustus gereed hê.

Joyce sê indien die sakemodel sin maak, sal hy dan bestellings plaas voor die einde van die jaar met ’n oog op aflewering teen 2022.

As die ekonomiese aspekte van die plan wel nie die minimum vereistes haal nie, sal Qantas maar moet vergeet van sy projek. – Bloomberg, verwerk

Meer oor:  Qantas  |  Lugdiens
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.