SPESIALE VAKANSIE-AANBOD: Teken in teen net R49 vir jou eerste maand! Word 'n intekenaar
Maatskappye
SAL kan dalk nie salarisse betaal, waarsku Gordhan
’n Staking by SAL duur reeds etlike dae. Foto: Bloomberg

Die Suid-Afrikaanse Lugdiens (SAL) het moontlik nie eens genoeg geld om dié maand salarisse te betaal nie.

Pravin Gordhan, minister van openbare ondernemings, het dié stelling gemaak tydens ’n voorlegging aan die parlement.

Gordhan was eintlik besig om terugvoering te gee oor vordering by Eskom, maar het ook kommentaar gelewer op wat by die SAL aangaan.

Die metaalwerkersvakbond, Numsa, en die Suid-Afrikaanse Kajuitpersoneelvereniging (Sacca) staak reeds sedert Vrydag by die lugdiens oor lone.

Die minister sê die staking vererger die lugdiens se finansiële krisis.

“Die SAL het moontlik nie genoeg kontant om salarisse aan die einde van die maand te betaal nie.

“Werkers sal moontlik nie net nié verhogings kry nie, hulle gaan moontlik nie eens ’n salaris kry nie,” het hy gewaarsku.

Die SAL bied ’n salarisverhoging van 5,9% aan wat eers vanaf Maart ingestel word. Vakbonde dring op ’n verhoging van 8% aan.

Gordhan, wat reeds gesê het daar is geen kans dat die staat nog ’n reddingsboei vir die SAL sal gee nie, sê die staat sal sien of dit moontlik is om “ ’n mate van hulp te verleen”. Dit hang egter daarvan af of die partye ’n ooreenkoms gaan sluit.

Hy sê verder daar moet verstaan word selfs al word daar ooreengekom op ’n salarisverhoging, is daar nie nou die geld om dit te betaal nie.

Fin24, verwerk

Meer oor:  Sal  |  Suid-Afrikaanse Lugdiens  |  Stakings  |  Maatskappye  |  Staatsondernemings  |  Salarisse
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.