Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
SAL: Konsortium koop 51%, pomp R3 mjd. in

’n Konsortium beleggers koop 51% van die Suid-Afrikaanse Lugdiens (SAL), het Pravin Gordhan, minister van openbare ondernemings, Vrydagoggend bekend gemaak.

Die regering sal 49% van die “nuwe SAL” besit, het Gordhan op ’n nuuskonferensie gesê.

Die konsortium staan as Takatso bekend. Tshepo Mahloele en Gidon Novick is onderskeidelik die voorsitter en uitvoerende hoof van Takatso.

Takatso bestaan uit die finansierder Harith en die lugdiensbestuursgroep Global Aviation, wat ook die laekostelugdiens Lift besit.

Novick, ook uitvoerende hoof van Lift en voormalige uitvoerende hoof van Comair en Kulula, sê hy is ongelooflik geëerd om die nuwe SAL te bedryf. Vir hom is dit ’n “patriotiese plig” om die lugdiens weer op die been te bring.

Volgens Gordhan sal hulle na verwagting R3 miljard in die lugdiens inpomp. Daar is selfs sprake dat die SAL mettertyd sal noteer.

Finansiering word deur Harith verskaf. Harith besit onder meer ’n belang in die Lanseria-lughawe in Gauteng, Lake Turkana in Kenia (wat die grootste windkragprojek in Afrika is), en die Henri Konan Bédié-brug in die Ivoorkus. Die groep het $1,2 miljard se bates onder bestuur en kantore in Johannesburg en die Ivoorkus.

Takatso het intussen ’n verklaring uitgereik waarin hy sê hy is “verheug” dat hy gekies is om die strategiese ekwiteitsvennoot te word.

Die groep sê hy sal later besonderhede bekend maak soos oor roetes, vliegtuie, die SAL se bestuur en die herbekendstelling van die handelsnaam.

“Die vennootskap verteenwoordig ’n sterk, opwindende, Suid-Afrikaans gebore oplossing,” sê Mahloele.

“Harith, as eienaars van Lanseria, het beduidende ervaring in vervoerinfrastruktuur en lugvaart. Ons het meer as ’n miljard dollar in ’n portefeulje kritieke infrastruktuurbates oor Afrika heen belê wat streeksekonomieë ondersteun.

“Global Aviation se bedryfsmodel is uniek, uiters doeltreffend en gepas om ’n nuwe lugdiens te begin. Die konsortium het bemagtiging as deel van sy wese, en ’n unieke mengsel van vaardighede en ervaring.”

sal
Tshep Mahloele, voorsitter van die konsortium Takatso.
sal
Gidon Novick, uitvoerende hoof van Takatso.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.